Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dokter (26) vertel oor sy stryd teen testikulêre kanker

Kos en die gemeenskap het hom gehelp om positief te bly, sê Michele Vanzaghi (26), ’n dokter en passievolle kok, oor testikulêre kanker wat by hom gediagnoseer is en wat sy lewe verander het.

Vanzaghi, wat by sy ouerhuis in Franschhoek aansterk, is besig met sy tweedejaar mediese internskap en werk in die Grey’s-, Northdale en Edendale-hospitaal in Pietermaritzburg. Hy het aan die Universiteit Stellenbosch (US) se mediese skool (Tygerberg-kampus) gegradueer.

Dr. Michele Vanzaghi in die kombuis waar hy graag bak en brou. Foto: Facebook/Michele Vanzaghi

Testikulêre kanker is in Januarie vanjaar by hom gediagnoseer en hy het daarna ’n operasie ondergaan. Hy het onlangs sy laaste chemoterapiesessie voltooi.

Vanzaghi het ’n webtuiste, grabbedbytheballs.com en sosialemediarekeninge (Instagram: Grabbed_by_the_Balls en die Facebook-blad, Grabbed by the Balls) geskep om as ’n dokter sy ervaring met dié kanker met mense te deel.

“Ek vertel breedvoerig oor hoe ek die situasie hanteer het en positief bly. Ek is verskriklik passievol oor kook en die tyd by die huis, weg van ’n baie besige professionele lewe is ’n geleentheid vir my om die passie te herontdek en uit te bou. Terselfdertyd is dit ongelooflike terapie,” sê hy.

“My gemeenskap, my familie, die interaksie op sosiale media en vriende was ’n massiewe deel van my groei en herstel deur die proses. Ek het die waarde van mense en verhoudings geleer op ’n manier wat ek nooit sou kon gedink het nie.”

Sy beste raad aan mans tussen 18 en 35 (die hoërisikogroep vir die kanker) is om nie bang te wees of te huiwer indien hulle oor enigiets bekommerd is nie.

Ek vertel breedvoerig oor hoe ek die situasie hanteer het en positief bly.

“Testikulêre kanker is ongelukkig iets waaroor ons nie openlik praat nie. Onthou, dit is niks om oor skaam te voel om raad by ’n dokter te vra indien jy enigiets abnormaal op die testes voel nie.”

Volgens hom raak die siekte hoofsaaklik jong mense en dikwels diegene met geen risikofaktore nie.

“Hou jou gesondheid fyn dop. ’n Vroeë diagnose beteken ’n veel beter uitkoms. Daarom is dit belangrik om nie in ontkenning te leef of bang te wees nie. Tree op.”

Volgens hom moet mans hulself ondersoek, verkieslik ná ’n warm stort en voor ’n spieël. Die ondersoek kan gedoen word met albei hande. Elke testes moet bevoel word vir enige knoppe, swelsels, veranderinge in die vel of pyn. Soms gaan dit gepaard met ’n volheid in die pelvis of ligte rugpyn. Meer algemeen kan ’n pynlose knop so groot soos ’n ertjie aan albei kante van die testes gevoel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.