Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dokters samel geld in vir dié wat siekes tuis verpleeg

’n Groep huisdokters het met ’n geldinsamelingsveldtog begin om beskermende toerusting en opleiding te verskaf aan gesondheidswerkers wat tuis na mense met Covid-19 moet omsien.

Huisdokters in Kaapstad het Masks for Medics gestig om gesondheidsorgwerkers in die voorste linie van die nodige toerusting te voorsien sodat hulle veilig voel en hul pasiënte en gemeenskapslede veilig is.

Die groep bestaan uit drs. Anthony Smith, Lauren Lee, Sonia Hough, Julie Etellin, Sarahan Brophy en Natalia Novikova.

“Met ons veldtog fokus ons op dié gesondheidsorgwerkers wat mense tuis versorg,” sê Smith.

Luidens ’n verklaring is die dokters al 20 jaar in die bedryf en verstaan hulle die behoeftes in die verskillende gemeenskappe omdat hulle met pasiënte uit verskillende gebiede werk.

Smith sê hulle weet nie wat om te verwag nie en moet daarom voorbereid wees.

Nadat ons gesien het watter uitwerking die virus op China en Italië het, kan ons met sekerheid sê dat ons nie weet wat nog op ons wag nie.
Dr. Anthony Smit

“Nadat ons gesien het watter uitwerking die virus op China en Italië het, kan ons met sekerheid sê dat ons nie weet wat nog op ons wag nie. Daarom moet ons voorbereid wees om verdere verwoesting te voorkom.”

Luidens die verklaring besef die Masks for Medics-span dat hospitale moontlik nie almal met die virussiekte sal kan opneem nie. Dus sal baie van die pasiënte in hul huise deur gesondheidsorgwerkers en familielede versorg moet word.

Dit is daarom belangrik dat die regte beskermende toerusting aan die gesondheidsorgwerkers verskaf word om te verseker dat hulle nie met die virus besmet word of mense besmet met wie hulle in kontak kom nie.

Die dokters hoop om genoeg geld in te samel vir:

• Die voorsiening van beskermende toerusting soos gesigmaskers, gesigskerms, handskoene, reinigingsmiddels en noodsaaklike mediese toerusting soos koorspenne aan gesondheidsorgwerkers; en

• Die opleiding van gesondheidsorgwerkers om Covid-19-pasiënte in hul eie huise te kan behandel en sodoende oorvol hospitale te voorkom.

Die veldtog het op 14 Mei begin en tot dusver is R120 245 van ’n beoogde R500 000-bydraes deur 70 plaaslike en buitelandse skenkers ingesamel.

“Soos die staat van inperking verslap word, gaan die verspreiding van die virus in gemeenskappe toeneem, ook in gebiede waar die hulpbronne beperk is,” sê Smith.

“Kom maak ’n verskil.”

*Besoek https://www.backabuddy.co.za/masks-for-medics om ’n bydrae te maak.

Meer oor:  Dokters  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.