Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Ekstra’s soms nodig op die Pil

Om die minder bekende maar belangrike newe-effektete bestuur, kan langtermyn gebruikers van geboortebeperkingspille se bekommernis verminder.

Langdurige gebruik van geboortebeperkingspille kan newe-effekte vir vroue inhou, maar beter kennis van hul dieet kan dit uitskakel. Foto: iSTOCK

Die regering erken reeds ’n geruime tyd dat dit bemagtigend is om vroue in staat te stel om keuses oor hul vrugbaarheid te maak, wat hulle ook beter ekonomiese en sosiale geleenthede bied.

Sedert die bekendstelling van die Pil in 1960 is baie vordering gemaak om newe-effekte van die gebruik van mondelinge geboortebeperkingsmiddels te verminder. Laer dosisse in samestellings van die Pil het byvoorbeeld gelei tot ’n afname in newe-effekte soos borsteerheid en opgeblaasheid.

Baie vrouens is egter onbewus van die minder bekende newe-effekte van die langdurige gebruik van die Pil: Die uitputting van spesifieke voedingstowwe, soos sommige van die vitamien B-groep. Beter kennis van die algemeenste voedingstekorte kan hulle help om – saam met hul dokter – te besluit of hulle sal baat by dieetaanpassings of -aanvullings.

Moontlike mediese probleme weens ’n vitamien- of mineraaltekort wat veroorsaak is deur die langdurige drink van geboortebeperkingspille sluit in kardiovaskulêre siektes soos hoë bloeddruk en trombose, bloedarmoede, anoreksie en die meer ernstige neurale buisdefek gedurende swangerskap. Neurale buisdefek kom voor as gevolg van die mislukking van die neurale buis in die embrio aan die begin van ’n swangerskap, wat geboorteafwykings van die brein en ruggraat veroorsaak.

Sommige van die belangrikste vitamiene en minerale waarvan vroue op die Pil te min kan hê, sluit in B-vitamiene (veral vitamien B6 en B12), foliensuur en sink.

Sink speel ’n belangrike rol in die behoorlike funksie van die immuunstelsel en die groei van selle. ’n Gebrek aan sink kan lei tot bloedarmoede of aterosklerose of die immuunstelsel affekteer.

Oorgewig, ouer vrouens wat vir ’n lang tydperk die Pil gebruik, kan daaraan dink om sulke voedingstofarmoede te voorkom deur voedsel of aanvullings, stel wetenskaplikes voor wat amper 40 000 vrouens in hul laat-dertigs in Suid-Korea bestudeer het. Om jou dieet aan te pas is die eerste stap, aangesien verskeie faktore soos hoe jy voedingstowwe absorbeer, jou huidige dieet, ’n ongesonde leefstyl en siektes ook ’n impak kan hê op die vitamienes en minerale in jou lyf.

  • Bron: Adcock Ingram
Meer oor:  Gesondheid  |  Die Pil  |  Voorbehoeding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.