Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Gebruik jou bril minder danksy intraokulêre lense

Jy hoef nie deesdae meer ná ’n katarakoperasie met jou sig te sukkel nie, want intraokulêre lense maak ’n reuse-verskil. Daar is nou verskeie soorte IOL-inplantings beskikbaar om jou met nuwe oë na die wêreld te help kyk.

Voordat intraokulêre lense (IOL’e) ontwikkel is, moes mense brille met baie dik lense of spesiale kontaklense dra om weer ná katarakchirurgie te kan sien. Daar is nou verskeie soorte IOL-inplantings beskikbaar om jou beter visie met minder afhanklikheid van ’n bril te gee ná so ’n operasie.

Sekere soorte intraokulêre lense is so gevorderd dat jy nie weer ’n bril hoef te dra na jou operasie nie. Foto: PIXABAY

Onlangse navorsing deur die oftalmologie-afdeling by die Universiteit van Kaapstad en Groote Schuur-hospitaal, het getoon dat katarakte die grootste oorsaak van blindheid in Suid-Afrika is. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 50% van gevalle van blindheid en daarom is dit geïdentifiseer as ’n nasionale gesondheidsprioriteit.

Volgens die Pretoria-ooginstituut herwin meer as 95% van mense wat katarakchirurgie ondergaan het, visievlakke van tussen 20/40 en 20/20 danksy IOL-inplantings wat help om bysiendheid, versiendheid en astigmatisme te verbeter.

’n IOL is ’n klein kunsmatige lens wat in die oog ingeplant word. Dit vervang die oog se natuurlike lens wat tydens katarakchirurgie verwyder word, maar kan ook gebruik word om ’n beskadigde pupil te herstel. Die meeste IOL’e is gemaak van silikoon of akriel. Hulle is ook bedek met ’n spesiale materiaal om jou oë teen die son se skadelike ultra­violetstrale (UV) te beskerm.

Groot vordering is gemaak in die ontwikkeling van IOL’e. Lense is vandag in verskillende materiale beskikbaar om die pasiënt se behoeftes te pas. Hulle is meer buigsaam, wat kleiner insnydings tydens die operasie moontlik maak. Baie is selfs verseël, wat vinniger visuele rehabilitasie moontlik maak.

Só lyk die intraokulêre lense en daar is verskillendes waarvan gekies kan word.

Hidrofiel of hidrofobies?

Daar is verskillende soorte materiale waaruit oogchirurge kan kies wanneer hulle ’n geskikte IOL vir die pasiënt se behoeftes moet kies. Beide hidrofiele (wat met water bind) en hidrofobiese (wat water afstoot) lense word algemeen in katarakoperasies gebruik.

Hidrofieliese IOL’e het ’n hoër waterinhoud en ’n laer brekingsindeks in vergelyking met hidrofobiese akriel-IOL’e, wat fel lig, eksterne en interne weerkaatsings asook ander ongewenste visuele verskynsels verminder.

Hidrofobiese akriel-IOL’e, wat deur baie as een van die gewildste soorte IOL-materiale beskou word, is oor die algemeen voubaar, het ’n lae waterinhoud en hoë brekingsindeks. Breking is ’n mate van hoeveel lig vertraag terwyl dit deur materiaal beweeg.

Hoë-indeksmateriale vertraag lig meer as die lae-indeksmateriale, wat dus minder konveksiteit of buiging van die lens vereis. Dit laat toe vir dunner lense en kleiner insnydings.

  • Bronne: Dr. Lourens Coetzee en Alcon, ’n afdeling van Novatis.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.