Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Jy kan langer leef as jy minder drink, bevind studie

Meer as vyf tot ses glase wyn, bier of ander alkoholiese drank per week, kan ’n mens se lewensverwagting verkort.

En hoe meer ’n mens drink, hoe korter kan jy verwag om te leef.

Dit is die bevindinge van ’n studie wat onder 600 000 mense gedoen is en in die vaktydskrif The Lancet gepubliseer is.

Navorsing wys dat as ’n mens meer as 100 g alkohol per week drink dit jou lewensverwagting kan verkort.

Daar is bevind mans en vroue moenie meer as 100 g of 12,5 eenhede alkohol per week drink nie.

’n Standaarddrankie bevat 10 g alkohol. Daarom word aanbeveel dat mense nie 100 g per week oorskry nie – nadat daar bevind is dat die meeste mense dit wel doen.

Dit werk so: ’n Glas wyn van 250 ml is reeds 2 tot 3 eenhede, afhangende van die alkoholinhoud. ’n Bier (330 ml) met 6% alkohol daarin, verteenwoordig twee eenhede. En een sopie (25 ml) sterk drank (afgemeet) is ’n eenheid.

’n Mens kan dit ook so bereken: 125 ml wyn (met 12,5% alkohol daarin), sal 1,25 eenhede wees en 175 ml wyn (12,5%) sal 1,75 eenhede wees.

Volgens The Lancet drink die helfte van mense in die 19 lande waar die opname gedoen is, meer as dit, en 8,4% drink meer as 350 g alkohol per week. Vergeleke met die mense wat minder as die aanbevole hoeveelheid drink, het diegene wat tot 350 g per week drink, op 40-jarige ouderdom ’n lewensverwagting van tot vyf jaar korter.

Mense wat tussen 200 g en 350 g drink se lewensverwagting is op 40-jarige ouderdom tussen een en twee jaar korter.

Die boodskap van die studie is dat jy langer sal leef as jy minder drink, en dat jou kans om ’n hartsiekte op te doen dan ook minder is.

Die oormatige gebruik van alkohol verhoog ook bloeddruk en cholesterol.

Meer oor:  The Lancet  |  Drank  |  Gesondheid  |  Wetenskaplike Studie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.