Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Ken dié feite oor borsprosteses en mastektomie-bra’s

Wanneer borskanker by vroue so ver gevorder het en behandeling dit nie kan stuit nie, is ’n mastektomie of lumpektomie soms nodig. Dis moeilik om ’n bors te verloor.

’n Borsprostese kan gelukkig in ’n mate daarvoor vergoed.

Andrea le Roux, ’n mediese ortotis en prostetikus by Netcare N1 Stad-hospitaal deel kennis oor wat jy behoort te weet van ’n borsprostese en ’n mastektomie-bra:

  • ’n Borsprostese word saam met ’n spesifieke mastektomie-bra gedra wat spesiaal aangepas is om die borsprostese te ondersteun.
  • Die prostese lyk soos ’n bors en is ’n nabootsing van die oorblywende bors om die algemene voorkoms van die borskas te verbeter.
  • Dit kom in verskillende vorms en groottes voor vir die beste vorm wat by jou eie bors pas.
  • Verskillende prosteses tydens verskillende fases is na ’n mastektomie nodig. ’n Tydelike prostese word van spons of ’n sagte materiaal gemaak en dit word slegs vir die tydperk tot en met agt weke ná die mastektomie gedra. Na voltooiing van chemobehandeling en bestraling, moet jy gemeet word vir ’n silikoonprostese vir meer permanente gebruik.
  • Jy kan eers agt tot 12 weke ná ’n mastektomie daaraan begin dink om gemeet te word vir ’n mastektomie-bra en prostese.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.