Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Vra die laseroperateur
Laat gloei jou vel en lyk vars met dié behandelingstegnieke

Mediese mikrodermabrasie en chemiese afskilfering laat jou toe om die vel veilig en doeltreffend te behandel sonder dat jy aftyd by die werk moet neem.

Sommige mense beskryf hierdie soort behandelings as “die middagetenstyd-afskilfering”.

Suzette la Grange, laseroperateur en velterapeut by Lasermed, vertel meer hieroor.

“ ’n Behandeling duur sowat 30 tot 60 minute. Onmiddellik na die behandeling sal jou vel vars vertoon en ’n gesonde gloei hê, wat jou sal toelaat om aan te gaan met jou werk en normale aktiwiteite,” sê sy.

Dit is egter steeds belangrik om blootstelling aan die son vir die volgende twee weke te vermy.
“Na ’n deeglike assessering van jou vel en die kommernisse behandel is, sal ons velterapeute ’n pasgemaakte behandelingsplan aan jou gee. Albei prosedures is veilig op enige deel van die liggaam.”

Assessering is belangrik om langtermyn- uitslae te verseker.

laser
Mediese mikrodermabrasie en chemiese afskilfering kan ontslae raak van dooie vel om ’n gesonde en gloeiende voorkoms te verseker. Foto: ISTOCK
Hoe werk hierdie behandelings?
Mediese mikrodermabrasie is ’n veilige, progressiewe benadering tot velsorg wat in 1987 ontwikkel is in Italië.

Steriele, mikrofyn kristalle word oor die vel versprei met ’n vakuumtoestel se handstuk wat spesiaal daarvoor ontwerp is; soms word positiewe druk gebruik. As die kristalle kontak maak, verwyder hulle die dooie vel, wat stratum corneum genoem word. Die handstuk suig dan die velselle en kristaldeeltjies op.

Dié prosedure skilfer droë en verswakte vel af terwyl dit die sirkulasie en kollageenvervaardiging stimuleer.
Chemiese afskilfering word in die meeste gevalle weer toegepas met behulp van vrugtesuur (fruit acid) om die buitenste lae van die dooie vel te laat oplos. Deur mediesegraad-afskilfering te gebruik, is Lasermed in staat om veilige en voorspelbare uitslae op alle velsoorte te lewer.
Verskeie vrugtesure is beskikbaar, dus word die een wat jou die beste pas gebruik na gelang van jou spesifieke behoeftes.
Watter toestande kan behandel word?
. Aknee
. Olierige, kombinasie- en droë vel
. Rooi rekmerke asook ouderdom- en sonkolle
. Vergrote porieë asook swart- en witkoppies
. Ongelyke velkleur asook fyn lyntjies en plooie
Hoe berei jy jou vel voor vir behandeling?
Dit is belangrik om op te hou om voorgeskrewe room te gebruik (Retin A, Retacnyl, Hydroquinone, Rosex Gel, Differen, Skinoren en so meer).
As jy dit nie gaan beëindig nie, mag jou behandeling uitgestel word.
Maak seker daar is ’n tydperk van twee tot vier weke tussen jou haarverwyderingsbehandeling en jou velverjongingsbehandeling.
As jy geneig is om koorsblare te kry, mag jy dalk eers medikasie benodig. Dit is raadsaam om ’n dag voor jou behandeling met antivirusmedikasie te begin. Moet nooit vir ’n behandeling gaan as jy ’n koorsblaar het nie.
Vel wat te veel blootstelling aan die son en sonbeddens het, moenie behandel word nie.
Jy moet ook jou kontaklense verwyder voor jy vir ’n behandeling gaan.
Mans word aangeraai om te skeer op die aand of oggend voor behandeling.
Meer oor:  Vel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.