Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Luister en leef gesond met diabetes

Sophia Samson (57) van St. Helenabaai was 45 toe sy ontdek sy het diabetes.

Dis goed om ’n gesonde dieet te handhaaf voor en na jy met diabetes gediagnoseer is. Foto: iStock

“Ek het skielik baie moeg begin word en wou net slaap. Ek het ook besef dat ek baie dors word en het dus baie water begin drink,” sê sy.

Hoewel daar medikasies bestaan om diabetes te beheer, speel die persoon met dié siekte se eetgewoontes ’n groot rol. Daar is tans geen kuur vir diabetes nie.

Normaalweg produseer die pankreas insulien wat die liggaam help om suiker en vet te stoor van die kos wat jy eet.

Diabetes ontstaan wanneer die pankreas nie voldoende insulien produseer nie en wanneer jou bloedglukose of bloedsuiker te hoog is. Wanneer daar te veel glukose in jou bloed is, kan dit lei tot ernstige probleme.

Dit bly van kardinale belang om na jou liggaam te luister en gereeld te gaan vir ’n doktersondersoek - hoe vroeër ’n siekte opgespoor kan word, hoe vroeër kan behandeling begin.

“Tydens my besoek aan die kliniek, is vasgestel dat die simptome wat ek het, gepaard gaan met diabetes.”

“Ek moes daarna vir nog toetse gaan om doodseker te maak dat dit wel dié siekte is.”

Volgens Sophia het haar eetpatroon drasties verander na die nuus van dié siekte. “Ek het baie meer groente begin eet en het vetterige kosse dadelik uitgesny.”

Mense wat met diabetes gediagnoseer word, moet verskeie veranderinge ondergaan weens die manier hoe dit die liggaam affekteer.

Die simptome is soms ondraaglik. “Behalwe vir die konstante moegheid, ondervind ek gedurig pyn in my bene en in my voete.”

Sophia het ook baie gewig verloor weens die siekte en dit tas ook haar sig aan X sy is afhanklik van ’n bril. ’n Hoë voorkoms van glukose in die bloed kan lei tot verswakte sig. Dit kan ook jou niere aantas asook hartsiektes veroorsaak.

Hoewel baie van Sophia se familielede diabetes het, het sy nie gedink dat dit haar ook sou affekteer nie.

“Diabetes is wel algemeen in ons familie, maar ek voel steeds dat ek ’n gesonder leefstyl vroeër moes handhaaf het.”

Sophia is tans op ’n insulieninspuiting, Protaphane, asook Metformin en Austell Glimepiride.

Dié siekte raak haar ook finansieel en dit is een van haar grootste uitdagings. “Ons bly in ’n vissersdorpie en daar is nie altyd voldoende finansies om die kosse te koop wat die dokter aanbeveel nie.”

Hoewel diabetes nie noodwendig beteken dat alle suiker uitgesny moet word nie, moet die suikeriname verminder word, dus affekteer dit steeds die manier waarop jy kos oor die algemeen koop. “Sommige tye kan jy net koop wat jy kan bekostig. Dit beteken dat ek nie volkome binne die raamwerk bly van wat deur die dokter verwag word nie,” sê sy.

Diabetes affekteer nie net ouer mense nie, maar ook jonger mense. Volgens Sophia moet jongmense hulself gereeld vir diabetes laat toets om die ergste te verhoed. “Ek wil jongmense aanraai om hulle ten minste een keer ’n jaar vir diabetes te laat toets, veral as dit ’n familiesiekte is. Jy hoef nie geld uit te gee vir die dokter nie. Besoek jou naaste kliniek waar dit gratis is.”

Sophia beveel aan dat jy na jou liggaam moet luister en onmiddellik ondersoek moet laat doen indien jy probleme ervaar.

  • Bykomende bron: Medlineplus.gov.
Meer oor:  Gesondheid  |  Diabetes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.