Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Maak gebruik van privaat daghospitale

Daghospitale kan ’n groot rol speel in die verlaging van die kostes in vergelyking met private gesondheidsorg. Ongelukkig is baie mense steeds onbewus van hul opsies as dit by mediese sorg kom. Tasneem van Rooyen gesels met kenners oor die voordele van privaat daghospitale. 

Hemelhoë hospitaaltariewe bly maar ’n teer saak en die stigma wat aan daghospitale kleef, veroorsaak dat baie mense nie eens daaraan dink om hierdie veel goedkoper opsie te oorweeg nie. Foto: iStock

Hoewel almal die reg tot gesondheidsorg het, is dit nie so eenvoudig soos wat die wet sê nie.

Mediese sorg bly vir baie mense ’n hindernis, veral as dit by die kostes kom. Die Vereniging vir Daghospitale se uitvoerende hoof, Marti Gelderblom, sê daghospitale speel ’n groot rol om die koste van private gesondheidsorg, spesifiek een-dag sjirurgiese prosedure, se kostes te verminder vir pasiënte en mediese skemas.

Dit is kommerwekkend dat daar so min van daghospitale gebruik gemaak word vir beplande operasies wat nie vereis dat ’n persoon hoef te oornag nie, omdat dit meer koste-effektief is.

Op nasionale vlak word 70% van dagprosedures in daghospitale gedoen, maar Suid-Afrika is steeds agter op dié gebied. Die bydrae tot mediese skemas het in Januarie vanjaar met tussen 2,5% en 4,5% gestyg bo die inflasiekoers.

Minimale indringende tegnologie word gebruik tydens chirurgie, wat beteken dat pasiënte gouer ontslaan kan word en daar ’n laer risiko vir infeksies is.
Jeanie Britz

Hospitaalkostes styg steeds teen ’n kommerwekkende pas, maar die Vereniging vir Daghospitale meen dat mediese skemas en spesialiste ’n verskil kan maak deur vennootskappe te smee en die groei van daghospitale te ondersteun.

Die Handves vir Pasiënteregte benadruk dat alle pasiënte die reg het om hul mediesediensverskaffer en -fasiliteit te kies.

Sonder die ondersteuning van mediese skemas, pasiënte en spesialiste kan daghospitale egter nie hul dienste uitbrei nie. Met beter toerusting kan meer as 70% van operasies dieselfde dag by dié hospitale uitgevoer word. Daghospitale is immers ontwerp vir verskeie soorte chirurgie.

Volgens Jeanie Britz, groepbemarkingsbestuurder by Cure-daghospitale, is dit nie net ’n goedkoper opsie nie, maar spaar ook tyd. “Dit is goedkoper en pasiënte word vinniger ontslaan. Dié hospitale bied ook ’n familie-vriendelike omgewing sodat familie bymekaar kan bly gedurende besoektyd. Die tyd wat die pasiënt in die teater deurbring, werk ongeveer 15% goedkoper uit as by hospitale van diegene wat mediese fondse het,” sê sy.

Jeanie sê ook dat mediese fondse verkies om kleiner operasies in daghospitale te laat doen omdat daar bespaar word.

Net soos by ander hospitale, kry jy al die nodige toerusting en moderne tegnologie in privaat daghospitale.

“Minimale indringende tegnologie word gebruik tydens chirurgie, wat beteken dat pasiënte gouer ontslaan kan word en daar ’n laer risiko vir infeksies is. Slegs professionele verpleegsters wat by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) geregistreer is, word aangestel vir gehalte-dienslewering,” sê Jeanie.

Meer oor:  Gesondheid  |  Gesondheidsorg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.