Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Malaria se einde in sig?

Kenners meen malaria, een van die wêreld se gevaarlikste siektes, kan teen 2050 vandie aardbol gevee word.

’n Advertensie in Kigali, Rwanda, maak mense bewus van malaria.Foto: Garth Stead

Malaria kan binne ’n generasie uitgewis word. Meer as 40 internasionale spesialiste het onlangs ’n verslag bekend gestel waarin hulle sê malaria – een van die wêreld se oudste en dodelikste siektes – kan teen 2050 verdwyn.

Om dit te vermag, sal regerings, wetenskaplikes en gesondheidswerkers egter moet saamspan om meer geld en hulpbronne aan die stryd teen die siekte én die muskiete wat dit dra toe te wys.

Meer as 219 miljoen mense het in 2017 malaria opgedoen en 435 000 van dié pasiënte is daaraan dood – die meerderheid kinders in die armste dele van Afrika.

Sowat die helfte van die wêreld se bevolking is blootgestel aan malaria.

“Vir té lank al droom ons daarvan om malaria uit te wis, maar ons het nou bewyse dat ons dit kan en moet vermag teen 2050,” sê dr. Richard Feachem, direkteur van die Global Health Group aan die Universiteit van Kalifornië in San Francisco.

Hy was medevoorsitter van ’n studie oor malaria in opdrag van die mediese vaktydskrif The Lancet. Hul bevindings is egter teenstrydig met navorsing van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dat té ambisieuse teikens tot frustrasie kan lei.

Die navorsers beveel aan dat bestaande maatreëls soos bednette, medisyne en insekdoders doeltreffender gebruik word. Hulle voer ook aan dat die ontwikkeling van entstowwe ’n reuseverskil kan maak. Regerings in malariagebiede asook dié daarsonder moet sowat $2 miljard per jaar beskikbaar stel om te sorg dat die voorkoms van malaria aanhou daal. – Reuters

Limpopo vorder

Malariavoorvalle en sterftes in Limpopo het met onderskeidelik 65% en 76% gedaal tussen 2017-’18 en 2018-’19, luidens die provinsiale gesondheidsdepartement.

In 2017-’18 het bykans 20 000 mense die siekte opgedoen en 160 is daaraan dood – ’n skielike oplewing nadat daar in die voorafgaande jare tussen 3 000 en 8 000 gevalle aangemeld is. “Die departement het egter die situasie reggeruk, met 6 606 gevalle wat in 2018-’19 aangemeld is,” sê Neil Shikwambana, gesondheidswoordvoerder in Limpopo.

As deel van hul pogings om malaria in Limpopo uit te wis, sal 900 000 huise bespuit word om die Anopheles-muskiete dood te maak. “Die proses vind plaas in die eerste helfte van die somer. Die departement wil die gemeenskap aanmoedig om met die spanne saam te werk.” – Health-e News

Meer oor:  Spesialiste  |  Siekte  |  Malaria  |  Verslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.