Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Mense in SA leef nou langer
Foto ter illustrasie

Die lewensverwagting van Suid-Afrikaners het wel gestyg, maar in 2015 is 112 243 mense aan MIV/vigs dood.

In Suid-Afrika is dit steeds die hoofoorsaak van dood, maar wêreldwyd word net 2,14% van sterftes aan dié toestand toegeskryf. In Suid-Afrika word 22,34% van sterftes aan dié virus toegeskryf.

Dít is volgens die jongste Wêreldwye Studie oor Siektelas wat deur die vakjoernaal The Lancet gepubliseer is. Dié wetenskaplike ontleding handel oor 300 siektes en waaraan mense in 195 lande sterf.

Tog is daar vordering gemaak, want ’n kind wat in 2005 in Suid-Afrika gebore is, se lewensverwagting is 55 jaar vergeleke met die 61 jaar van ’n kind wat verlede jaar gebore is.

Prof. Charles Shey Wiysonge, ’n kliniese epidemioloog aan die Universiteit Stellenbosch, sê die vroeëre ontkenning van MIV/vigs in Suid-Afrika het die lewensverwagting so laat daal. Maar danksy toegang tot antiretrovirale middels het dit weer gestyg tot waar dit in 1990 was.

Wêreldwyd is die lewensverwagting 72 jaar.

Die tweede hoofoorsaak van sterftes in Suid-Afrika is iskemiese hartsiektes (45 119) gevolg deur tuberkulose (42 943).

Daar is meer sterftes weens beroerte en laelugweginfeksies as weens diabetes.

Luidens die studie is daar min of meer soveel mense wat in padongelukke in Suid-Afrika sterf as wat weens geweld sterf. Dit is ook noemenswaardig dat 1,35% van die land se totale getal sterftes weens selfmoord is – dit is meer as die sterftes aan leukemie en maagkanker saam.

Van die 5,8 miljoen kinders onder vyf jaar wat verlede jaar wêreldwyd dood is, was 42 540 in Suid-Afrika. Dit is byna die helfte minder as in 1980.

Maar terwyl die wêreldsyfer daal van jong ma’s wat sterf tydens of net nadat hulle geboorte gegee het, is Suid-Afrika se syfer aan die styg. Verlede jaar is 1 754 vroue so dood.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Vigs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.