Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Moenie kanker op jou eie probeer klop nie

Kanker is ’n moeilike siekte en dus is ’n goeie ondersteuningsbasis nodig. Danielle Daniëls het gaan uitvind hoe kankerlyers van steun kan gebruik maak.

Goeie hulp gedurende ’n reis met kanker is nie net belangrik vir die pasiënt nie, maar ook vir hul familie.

’n Versorger moet nie aanvaar wat ’n kankerpasiënt wil hê nie; hy of sy moet voor die tyd vra. Foto: Pixabay

Lauren Smith, ’n geregistreerde maatskaplike werker in privaat praktyk, verskaf meer insig oor die hulp wat kankerpasiënte kan ontvang.

  • Jy sal verwys word na ’n onkologiese maatskaplike werker vir alle emosionele en praktiese ondersteuning wat benodig word.
  • Jou span sal bestaan uit verskeie rolspelers wat afhanklik is van die behandelingsplan. Al die radioloë en die verpleegsters wat jou chemoterapiesorg doen, speel ’n belangrike rol in jou ondersteuning, voorligting en behandelingsproses.
  • Vind ’n ondersteuningsgroep wat naby jou geleë is en waar jy veilig voel en weet dat jy nie alleen is nie.
  • Om bevriend te raak met ’n kankeroorwinnaar kan help om jou reis met kanker bietjie makliker te maak, omdat hierdie persoon weet hoe dit voel om daardeur te gaan en jou by tye kan ondersteun.

Kanker kan jou baie siek maak en daarom is dit ’n goeie idee om ’n versorger te hê. Die siekte is moeilik vir die kankerlyer maar kan ook moeilik word vir die versorger.

Gawie Marx, hoofbestuurder van St Stephen Health Care en ’n kankeroorwinnaar vir 20 jaar, sê indien jy agterkom dat jy jouself nie goed kan versorg nie, moet jy vir hulp by jou vrou of man, of versorger, vra. “As julle nie self reg kan kom nie, kontak die dokter. Daar kan ook gereël word dat vrywilligers van die kankervereniging dalk kom help.”

Lauren deel ’n paar wenke oor hoe versorgers na kankerlyers moet omsien:

  • Moenie aanneem wat dit is wat die persoon wil hê nie; vra liewer voor die tyd.
  • Praat oor ander onderwerpe ook – alles hoef nie om die kankerdiagnose te draai nie. Om die onderwerp te verander is ’n goeie manier om almal se bui te lig.
  • Wees spesifiek in jou praktiese ondersteuning en verskaf voorstelle aangesien die gedagtes van die pasiënt en sy gesin gevul is met die nuwe terminologie en hulle probeer om hul huidige lewe te balanseer.
  • Vir kankerlyers is geen behandeling of versorging dieselfde nie.

“Daar is geen kopieer-en-plak-regime nie omdat elkeen van ons uniek is. Dit is waarom jou onkologiespan met jou sal vergader om jou gevorderde, geïndividualiseerde behandelingsplan te ontwikkel. Ons assesseer ons pasiënte en hul families holisties sodat hulle sorg van ’n interdissiplinêre span kry wat hulle medies, fisies, sosiaal, sielkundig en geestelik versorg,” verduidelik Lauren.

Meer oor:  Gesondheid  |  Behandeling  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.