Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Mondgesondheid: dís wat jy moet weet

Mondhigiëne is een van die algemeenste daaglikse take, maar hoe seker is jy dat jy dit op die regte manier doen? Tasneem van Rooyen bespreek die belangrikheid van mondgesondheid.

Kenners meen dat pasiënte ten minste een keer per jaar ’n mondgeneeskundige moet gaan sien. Foto: iStock

Hoewel tandeborsel iets is wat jy van kleintyd af aangeleer het, moet jy baie meer doen om goeie mondgesondheid te verseker.

Om slegs tande te borsel, waarborg nie goeie mondgesondheid nie. Self al volg jy ’n gereelde higiëniese roetine, mag jy dalk belangrike punte uitlaat.

Met die regte borseltegnieke en toebehore, kan jy gesonder mondhigiëne verseker.

Volgens dr. Dr Suné Mulder, spesialis in mondgeneeskunde en periodonsie, is dit uiters belangrik om jou tande ten minste twee keer per dag (oggend en aand) vir twee minute met ’n fluoriedtandepasta te borsel om tandbederf en tandvleisinfeksies te verhoed. Dit is ook belangrik om jou tandeborsel gereeld te vervang. “Buiten die borsel van jou tande, is dit belangrik om tussen die tande skoon te maak deur gebruik te maak van tandgereedskap soos tandevlos, interdentale borsels of ’n vlosmasjien wat water gebruik,” sê dr. Mulder

Daar is ook verskeie mondspoelmiddels op die mark wat jy kan gebruik om mondgesondheid te bevorder. “Jou mondgeneeskundige sal vir jou raad kan gee oor watter tipe mondspoelmiddels en tandeborsels meer gepas is vir jou mond. Goeie mondhigiëne is nie net belangrik vir jou mond nie, maar ook vir jou algemene gesondheid”.

Voorkoming is egter beter as genesing en daarom is dit belangrik om, van dag een af, goed na jou tande te kyk.

Mondgesondheid word as ’n aparte aspek van gesondheid beskou, maar dr. Mulder meen dat alles met mekaar verbind is. “Buiten die beoefening van goeie mondhigiëne, is dit ook belangrik om ’n gesonde dieet te volg wat nie ’n hoë suikerinhoud bevat nie, aangesien dit tandbederf kan veroorsaak,” sê sy.

Pasiënte word dus aangeraai om ten minste een keer per jaar hul mondgeneeskundige te besoek vir ’n deeglike ondersoek. Dié gereelde besoeke sal verseker dat infeksies en tandbederf spoedig geïdentifiseer en behandel kan word. “Pasiënte moet ook oplet as hul tandvleis bloei of hulle seertjies in hul monde ontwikkel – dit is ’n aanduiding dat daar ’n onderliggende probleem of infeksie is. Tande wat hitte- koue- of byt-gevoelig raak, moet ondersoek en behandel word,” sê sy.

Volgens dr. Mulder ignoreer baie pasiënte simptome en ongemak in die mond, en meld eers by hul mondgeneeskundige aan wanneer die tand op die punt is waar dit verwyder moet word.

Dis egter nie die einde van die wêreld as tande verwyder moet word nie, daar is baie opsies om die gaping te vul. “Vir pasiënte wat tande verloor het, is daar baie opsies om hul glimlag en kougemak te verbeter. Inplantate word gebruik om tande te vervang wat pasiënte verloor het. Dit kan ook oorweeg word in sekere pasiënte wat sukkel met los en ongemaklike kunsgebitte.

Voorkoming is egter beter as genesing en daarom is dit belangrik om, van dag een af, goed na jou tande te kyk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.