Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Ongewenste hare iets van die verlede!

Die somervakansie is nie meer ver nie en baie van ons is teen hierdie tyd al uitgehonger vir die strand. Indien jy skaam voel om jou swembroek aan te trek weens onooglike hare, is dit ’n goeie idee om professionele haarverwydering te oorweeg.

Dames wat baie tyd voor die spieël deurbring om onooglike hare te pluk, vind groot verligting met laser.

Alta van der Merwe, laseroperateur van Lasermed in Tygervallei, verduidelik wat laserhaarverwydering alles behels.

“Lasermed bied twee vorme van gevorderde terapie vir haarverwydering aan, naamlik ND:Yag- en Alexandrite-lasers. Met hierdie lasers kan hulle veilig en doeltreffende behandelings vir alle velsoorte aanbied,” sê Alta. Laserhaarverwydering is deesdae baie algemeen en gewild, vertel sy.

“Lasers straal lig uit na die haarfollikel en hierdie lig word deur melanien (kleur) geabsorbeer. Die haarfollikel word dan op impak vernietig. Omdat hare egter in siklusse groei, sal jy elke siklus met laser moet behandel om haarvermindering te verseker.”

Aangesien die laser deur melanien geabsorbeer word, werk dit slegs op donker hare. Ligblond, rooi en grys hare sal nie op hierdie terapie reageer nie.

Laserhaarverwydering is veilig en doeltreffend, en ook glad nie so seer as wat mense dink nie.Foto: Verskaf
Wat jy moet weet

Watter liggaamsdele kan behandel word?

Omtrent die hele liggaam kan behandel word. Dele wat getatoeëer is of waar permanente grimering aangebring is, moet egter eerder vermy word.

Is dit veilig?

Lasermed volg veiligheidsmaatreëls soos voorgeskryf deur die Amerikaanse Vereniging van Laser, Medisyne en Chirurgie (ASLMC). Hul lasers is ook deur die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) goedgekeur.

Is die behandeling seer?

Gedurende behandeling kan jy ligte ongemak ervaar (amper soos die branderige gevoel wanneer iemand jou met ’n rekkie skiet). Indien jy gevoelig is vir pyn, kan ’n verdowingsroom 60 tot 90 minute voor behandeling aangewend word.

Hoe moet ek vir haarverwydering voorberei?

Moenie vier weke voor behandeling hare waks, pluk of met elektrolise verwyder nie. Jy kan wel skeer, knip of haarverwyderingsroom gebruik.

Dit is ook belangrik dat jy vier tot ses weke voor behandeling sonbrand of sonbrandprodukte vermy. Dit verhoog die risiko vir hiper- of hipo-pigmentasie (wanneer dele van die vel ligter of donkerder as die res vertoon). Wend voor en na behandeling ten minste twee keer per dag sonskerm van SPF 30 of hoër aan.

Jy sal tydens jou gratis eerste konsultasie gevra word om ’n mediese vraelys te voltooi. Die ervare laseroperateurs sal jou dan inlig oor moontlike risiko’s weens jou medikasie of mediese geskiedenis.

Hoeveel kos dit?

Pryse verskil per area en die grootte daarvan. Jou laseroperateur sal jou na die eerste gratis konsultasie ’n kwotasie gee.

Meer oor:  Hare  |  Laser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.