SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Gesondheid
Outisme: N-Seeland-winkels help met weeklikse stilte

’n Supermarkgroep in Nieu-Seeland gaan binnekort elke week vir een uur lank in sy meer as 180 winkels landwyd sorg dat daar stilte heers om dit vir mense, veral kinders met outisme, vir wie inkopies gewoonlik ’n angswekkende ervaring is, makliker te maak.

Die rumoer, helder ligte en woeligheid in winkels kan oorweldigend vir mense met die toestand wees.

TVNZ berig die Countdown-supermarkgroep, wat ’n filiaal van Woolworths Australië is, het die plan die afgelope jaar op die proef gestel in ’n paar van sy winkels nadat ’n werknemer met ’n outistiese kind dit voorgestel het.

Winkels landwyd gaan dus vanaf 23 Oktober vir een uur lank elke week die ligte dowwer stel, die radio-uitsendings oor die interkomstelsels afskakel en sorg dat nuwe produkte nie in daardie uur uitgepak word nie, berig Radio New Zealand.

Countdown se winkels gaan van vandeesmaand af een uur per week stil winkels instel om mense met outisme en ander wat inkopies as angswekkend ervaar te help. Foto: Countdown.co.nz

Die terugvoering wat Countdown tydens die proeflopies ontvang het, was baie positief, sê Kiri Hannifin, algemene bestuurder.

“Ons weet inkopies kan ’n angswekkende ervaring vir sommige kliënte wees en ons wil help deur ’n paar klein veranderings aan te bring wat hopelik ’n groot verskil vir die mense sal maak.”

Nieu-Seeland se outismevereniging het sy vreugde oor die inisiatief uitgespreek, berig die publikasie, Stuff.

“Dit wys hoe klein veranderings ’n inklusiewer omgewing kan skep en ’n groot impak op mense kan hê,” sê Dane Dougan, die uitvoerende hoof.

Die meeste winkels se stilte-uur gaan sal 14:30 en 15:30 wees, met die uitsondering van twee winkels wat tussen 09:00 en 10:00 stilte gaan hê.

Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Outisme  |  Supermark
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.