Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Pas jou tande soos goud op

Goeie mondgesondheid kan die wêreld se verskil aan jou tande maak. Tasneem van Rooyen gesels met ’n kenner oor maniere om jou glimlag langer mooi te hou.

Om goed na jou tande te kyk is iets wat van kleintyd aangeleer moet word. Hoewel die grendeltyd veroorsaak het dat ons minder rondbeweeg, is dit geen rede om nou jou mondgesondheid af te skeep nie.

Jy hoef nie bang te wees om jou tandarts tydens Covid-19 te besoek nie, sê dr. Clarisa Podges van DentalWize in Kraaifontein. “Vir ’n tandarts is higiëne en veiligheid van die pasiënt altyd belangrik, maak nie saak wat die omstandighede is nie. Tydens Covid-19 is daar ekstra voorsorgmaatreëls in plek, soos die gebruik van persoonlike beskermingstoerusting, ontsmetting van kamers na elke pasiënt en handontsmetting van pasiënte en personeel. Die instrumente gaan ook deur ’n driedubbele sterilisasieproses na elke prosedure,” sê dr. Podges.

Dit is belangrik om jou tande ten minste twee keer per dag te borsel met ’n tandepasta wat fluoried bevat. Foto: iSTOCK

Hoewel dit belangrik is om jou tandarts gereeld te besoek, is dit egter ook krities dat jy jou deel by die huis doen.

Wenke om by die huis toe te pas

Dr. Podges gee die volgende wenke om goeie mondhigiëne by die huis te handhaaf:

* Borsel jou tande ten minste twee keer per dag met ’n tandepasta wat fluoried bevat.

* Vlos een keer per dag tussen al jou tande. Dit sal help om plaak te verwyder waar die tandeborsel nie altyd kan bykom nie.

* Probeer om kos en drankies wat suiker bevat, uit te sny, aangesien dit ongesond is vir die tande en tandvleis.

* Vermy rook Z onthou dit is sleg vir die gesondheid en kan periodontitis veroorsaak wat tot swelling en bloeding van die tandvleis lei. Dit kan later ook beenverlies om die tande veroorsaak.

Waarom dit steeds belangrik is om jou tandarts te besoek

Om jou tandarts elke ses maande te besoek, kan ’n groot verskil in jou algehele gesondheid en welstand maak, meen dr. Podges.

“ ’n Tandheelkundige ondersoek en skoonmaak kan toekomstige probleme verhoed of verseker dat ’n probleem betyds behandel word,” sê sy.

Volgens haar loop enige iemand wat vir ’n lang tydperk nie ’n tandarts besoek het nie, die risiko van onomkeer­bare probleme wat of baie duur behandeling tot gevolg kan hê of uiteindelik tot tandverlies kan lei.

Meer oor:  Tandarts  |  Tande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.