Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Jong gesinsman se kankerskok ná pa sterf

Hy het nooit gedroom dat prostaatkanker op die “jong ouderdom” van 40 jaar by hom gediagnoseer sou word nie.

Vlak 1-prostaatkanker is twee weke gelede by Darren Robertson, ’n finansiële beplanner van Kaapstad, gediagnoseer.

Robertson se pa is ’n jaar gelede weens ’n aggressiewe breingewas dood en dit het hom verder aangemoedig om ’n beroep op mans te doen om “na hul lyf te luister”.

“Gaan vir gereelde ondersoeke. As iets nie reg voel nie, laat die dokter daarna kyk. Om vroeg met kanker gediagnoseer te word is onmeetbaar beter as om dit te los totdat dit te laat is,” aldus Robertson.

Darren Robertson, ’n finansiële beplanner van Kaapstad, saam met sy vrou, Loren, en hul kind, Rebecca. Foto: Verskaf

“Natuurlik is dit steeds ’n skok, maar die reis was tot dusver oorweldigend positief,” sê Robertson in ’n verklaring van die Movember-veldtog.

“Selfs die gevreesde ondersoek deur die dokter was nie so erg as wat almal dit uitmaak nie – dit was vinnig en pynloos.”

Met ’n MRI-skandering is ’n ernstige letsel van 10 mm op sy prostaat gevind en ’n biopsie het bevestig dat hy prostaatkanker het. Sy prostaat behoort in Januarie 2019 in ’n operasie verwyder te word.

Robertson en sy vrou, Loren, het ’n baba van agt maande oud en oorweeg sterk om spermselle te laat vries indien hulle later nog kinders wil kry.

“Ons wil nie gedruk voel om ’n besluit te neem of ons nog ’n kind wil hê nie, die besluit om sperm te vries maak dus sin. Dit laat ons toe om planne as ’n paartjie te maak wanneer ons gereed is – net soos ons sou doen as ek nie kanker gehad het nie.”

As dit vroeg opgespoor word, is die oorlewingskoers hoër as 98%, maar dit kan tot onder 26% daal as dit laat gediagnoseer word.

Volgens die Men’s Foundation is prostaatkanker die algemeenste kanker onder Suid-Afrikaanse mans en word dit jaarliks by meer as 4 000 mans gediagnoseer.

As dit vroeg opgespoor word, is die oorlewingskoers hoër as 98%, maar dit kan tot onder 26% daal as dit laat gediagnoseer word.

Garron Gsell, stigter van die Men’s Foundation, meen ’n tekort aan bewustheid en algemene kennis oor prostaatkanker bestaan. Hy het ’n beroep op mans gedoen om “die feite te leer en vroeg op te tree”.

Dié stigting dryf jaarliks die Movember-veldtog in Suid-Afrika, waar mans in November hul snorre groei om bewustheid oor gesondheidskwessies te skep.

Die Movember-veldtog samel geld in vir meer as 1 200 projekte in 21 lande vir prostaatkanker, testikulêre kanker, psigiese gesondheid en die voorkoming van selfdood.

Sedert 2010 is meer as R25 miljoen in Suid-Afrika vir bewusmaking, opvoeding en navorsing ingesamel.

Meer oor:  Kaapstad  |  Prostaatkanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.