Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Rooibos ‘hou jou gesond’

In die winter veroorsaak die koue weer dat minder bloed na jou ledemate gestuur word omdat jou liggaam instinktief die warm bloedtoevoer na jou organe stuur, sê prof. Christo Muller, hoofwetenskaplike by die SA Mediese Navorsingsraad.

Veral bejaardes en individue met gesondheidsprobleme sukkel dan met stadige bloedsirkulasie. Dit verswak jou immuunsisteem sodat jou liggaam nie doeltreffend teen ’n gewone verkoue of die griepvirus kan veg nie.

“Om warm rooibostee deur die dag te drink, sal nie net help om jou liggaam van binne te verhit nie. Die kalmerende effek daarvan sal ook help om algemene angs te verlig en stywe spiere te ontspan. Rooibostee help jou liggaam om antioksidante op te bou wat jou immuunsisteem ’n hupstoot kan gee,” sê hy.

Rooibos bevat polifenole wat anti-inflammatoriese en antivirale eienskappe het. Dit help ook om die produksie van die streshormoon kortisol, wat hormoonversteurings veroorsaak, te beheer.

Meer oor:  Rooibos  |  Gesond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.