Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Rooibos kan risiko om hartsiektes te ontwikkel verlaag

Rooibos is nie net gesonde kruie nie, dit sal ook binnekort gebruik word om kardiovaskulêre siektes te verminder.

Navorsing toon dat rooibos sal help om die toename in hartsiektes teen te werk. Foto: ISTOCK

“Eersdaags kan kardioloë van oor die wêreld heen rooibos voorskryf as deel van die terapeutiese benadering om kardiovaskulêre siektes – ’n hedendaagse epidemie wat jaarliks ’n tragiese 8,76 miljoen lewens wêreldwyd aantas X aan te pak.”

So sê prof. Amanda Swart van die Universiteit Stellenbosch se biochemiedepartement na die diepte-ondersoek van eweknie-geëvalueerde studies oor die afgelope twee dekades wat op die terapeutiese potensiaal van rooibos in die konteks van hartsiektes gedoen is.

“Tot op datum is remediërende terapie grootliks ondoeltreffend, wat blyk uit die toenemende voorkoms van kardiovaskulêre siektes wêreldwyd. Selfs in Suid-Afrika bly die toestand die hoofoorsaak van dood, ná MIV/vigs, met 56 284 mense wat jaarliks aan hartsiektes sterf, volgens die Hart-en-beroerte-stigting van Suid-Afrika.

“Wêreldwyd is daar ’n groot verskuiwing na die gebruik van voorkomende en aanvullende aanvullings om welsyn te bevorder en die siekteprogressie te bekamp, wat ook saamval met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se ‘Traditional Medicine Strategy’, waar tradisionele medisyne gebruik word vir die verbetering van gesondheid, sê prof. Swart.

Sy meen dit bied geweldige moontlikhede, nie net vir pasiënte nie, maar ook vir die rooibos-sektor asook vir Suid-Afrika, aangesien dié krui uitsluitlik in die Wes-Kaap gekweek word.

“Gegewe die oorweldigende bewyse wat bestaan, is rooibos se potensiaal om kardiovaskulêre siektes onder pasiënte te verlig en die risiko van hartsiektes te verlaag, onweerlegbaar.”

Die voordelige effekte van rooibos word hoofsaaklik toegeskryf aan die komplekse mengsel van antioksidantverbindings. Tans is 59 van hierdie verbindings geïdentifiseer waarvan aspalatien een van die verbindings is wat uniek aan rooibos is.

Kardiovaskulêre siektes gaan hand aan hand met chroniese ontsteking en rooibos het die vermoë om inflammasie in die liggaam teen te werk.

Op grond van die studies wat onder mense en rotte onderneem word, bied rooibos die volgende kardio-beskermende voordele:

  1. Antioksidante beskerm teen selskade, waardeur inflammasie verminder word.
  2. Sekere laboratoriumstudies het ’n beduidende vermindering in “slegte” LDL-cholesterolvlakke getoon, terwyl dit “goeie” HDL-cholesterol verhoog.
  3. Dit onderdruk die angiotensien-omsettingsensiem (AOE), wat verantwoordelik is vir verhoogde bloeddruk.
  4. Dit verminder kortisolproduksie en sodoende werk dit chroniese stres en angs teen. As bydraende faktore tot kardiovaskulêre siektes kan stres, angs en depressie die risiko van hartsiektes verhoog.

Prof. Swart sê toekomstige navorsing met betrekking tot rooibos moet ernstig tot kliniese proeffase vorder, veral aangesien studies daarop dui dat kardiovaskulêresiektelyers wat gereeld rooibostee drink, verskillende dosisse voorgeskrewe medisyne benodig.

Joe Swart, navorsingsdirekteur van die SA Rooibosraad (SARC), sê ’n persentasie van hul begroting word jaarliks belê om die gesondheids- en medisinale voordele van rooibos te ondersoek en dat die raad beoog om mettertyd met kliniese studies voort te gaan.

Om die meeste uit rooibos te kry, beveel prof. Swart aan om dit as ’n tee te drink, rooi of groen.

Meer oor:  Gesondheid  |  Rooibos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.