Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Só reageer Kolisi en ander Bokke op Faf-uitdaging

Nog Springbokke het Faf de Klerk se Springbroekie-uitdaging aanvaar.

Faf het sy spanmaats uitgedaag om ’n foto van hulself in hul speedo’s op sosiale media te plaas om bewusmaking oor testikulêre kanker te skep.

Tans die land se gunsteling foto op die internet van die Springbok Faf de Klerk. Foto: Twitter/@fafdeklerk

Siya Kolisi, Bok-kaptein, was nie skaam om die #fafchallenge te aanvaar nie.

“Testikulêre kanker is een van die mees algemene kankers onder jong mans. Vroeë opsporing bied ’n goeie kans op genesing.” 

Siya Kolisi, Springbok-kaptein, in sy patriotiese speedo. Foto: Instagram (Siya Kolisi)

Hy het toe vir Cheslin Kolbe en Duane Vermeulen uitgedaag. Enkele minute daarna het Cheslin sy foto opgelaai.

“Wat is lekkerder as om die laaste drie in die Wêreldbekerrugbytoernooi te druk? Om te verseker dat jy gesond is. Wees dus dapper genoeg om jou balle te ondersoek,” skryf Kolbe. Toe daag hy sy spanmaats uit.

Jessie Kriel sit langs ’n swembad in sy swembroekie.

November is al die afgelope paar jaar dié maand waarin bewusmaking oor testikulêre en prostaatkanker gedoen word as deel van die wêreldwye Movember-beweging waarin mans hul snorre laat groei om bewusmaking hieroor te bevorder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.