Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Studie oor 1918-griep kan pandemie-tendense uitwys

’n Navorsingsprojek aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat in 2018 (wat ook die honderdjarige herdenking van die Spaanse griep was) begin het, is nou nog baie meer toepaslik met die uitbreek van die Covid-19-pandemie.

Een van die rekords van die 1918-pandemie. Foto: Verskaf

Die studie “Ontleding van die verspreiding en erns van die Spaanse griep van 1918” het ten doel om die uitwerking van die griep te ontleed deur rekords van die Spaanse griep-pandemie in Suid-Afrika na te gaan.

Hierdie verslae – wat onder meer uit doodsertifikate en koerantberigte van 1918 bestaan – bied insigte oor hoe die griep versprei het, hoe die regering probeer het om die verspreiding van die virus te voorkom en wie in die pandemie gesterf het.

Prof. Johan Fourie, ’n medeprofessor in ekonomie en geskiedenis, is die hoof van die navorsingspan. Hoewel die projek nog voorlopig is, sê Fourie hulle het reeds ’n paar ooreenkomste in tendense tussen die Spaanse griep-pandemie van 1918 en Covid-19 begin sien.

Die inligting wys onder meer waarom daar hoër sterftesyfers by een groep mense in vergelyking met ’n ander was.

“Ons vind byvoorbeeld dat voorheen benadeelde groepe gedurende die pandemie van 1918 nie toegang tot goeie mediese sorg gehad het nie. Een les wat ons vir vandag kan leer, is dat ons genoeg hulpbronne aan mense wat reeds swak toegang tot mediese sorg het, moet verskaf, want hulle sal waarskynlik die ergste onder die uitbreek van Covid-19 ly,” sê Fourie.

Die Spaanse griep het nie net ongelykhede blootgestel nie, maar dit ook vererger.

Een van die rekords wat ontleed is, is dié van die 18-jarige Wills Bunu en sy gesin van Cimezile, ’n distrik suid van Queenstown.

Sewe lede van die Bunu-gesin, insluitende Wills, is in Oktober 1918 oorlede. Hulle was onder die duisende Suid-Afrikaners wat in September en Oktober dood is, wat daartoe aanleiding gegee het dat dié tydperk “Swart Oktober” gedoop is.

Wills en sy gesin het siek geword nadat soldate wat in die Eerste Wêreldoorlog geveg het en die virus onder lede gehad het, op Queenstown aangekom het.

Ander inligting uit die ontleding toon dat die kwesbaarste mense ’n hoër sterftesyfer gehad het en dat die siekte in sommige dorpe, soos Simonstad, vinnig versprei het.

Die vreugde om saam met sy gesin te boer, eindig toe in Swart Oktober met vyf van sy gesinslede wat oor die verloop van vyf dae dood is, gevolg deur Wills se driejarige sussie, Canyiwe, en hy self sterf twee dae later. “Hierdie gegewens toon onder meer die oorledene se ouderdom, beroep, etnisiteit, huwelikstatus, asook die oorsaak van die dood en hoe lank die persoon siek was,” sê Fourie.

“Die tragiese Oktober vir Wills Bunu en sy gesin was moontlik nie verniet nie. Die sterfterekords wat behoue gebly het en die ontleding daarvan kan ons help om uit die verlede te leer en te verstaan hoe die Spaanse griep duisende lewens geëis het,” sê Fourie.

Ander inligting uit die ontleding toon dat die kwesbaarste mense ’n hoër sterftesyfer gehad het en dat die siekte in sommige dorpe, soos Simonstad, vinnig versprei het voordat die besmetting ’n plato bereik het.

Fourie verduidelik dat die verspreiding van die griepvirus verband kan hou met die verskillende plaaslike regerings se reaksies op die pandemie.

“Soos ons meer van hierdie dorpe se sterfterekords transkribeer en nog meer kwalitatiewe inligting versamel, gaan ons nader aan die antwoord beweeg oor watter regeringsingrypings die doeltreffendste was. Hierdie inligting kan vandag baie nuttig wees,” sê Fourie.

Die navorsingspan is: Kelsey Lemon, ’n MA-student in die US se geskiedenisdepartement; Jonathan Jayes, ’n meesterstudent in ekonomie; dr. Elie Murard, wat sy PhD aan die Paryse Skool vir Ekonomie verwerf het; dr. Young-ook Jang, ’n postdoktorale navorsingsgenoot; dr. Kate Ekama, ’n postdoktorale navorser en opgeleide geskiedkundige, prof. Johan Fourie, ’n medeprofessor in ekonomie en geskiedenis; dr. Kara Dimitruk, ’n postdoktorale genoot verbonde aan die US se departement van ekonomie.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Spaanse Griep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.