Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Verlengde diepte fokus-lense help jou op verskillende afstande sien

Die blommefoto is ’n uitbeelding van die vlak diep
Die blommefoto is ’n uitbeelding van die vlak diepte van fokus-lense. Die fietsfoto is ’n uitbeelding van die verlengde diepte van hierdie soort lense wat nie net op een punt gefokus is nie, maar die deel wat in fokus is, verleng. Foto: iStock

Belemmerde sig kan ’n groot hindernis wees, maar gelukkig is daar verskeie lense wat ingeplant kan word om die probleem reg te stel.

Dr. Frikkie Hartog, ’n oftalmoloog in Bellville, verduidelik watter opsies daar is vir verbeterde sig.

Hoekom word ’n lens ingeplant tydens ’n katarakprosedure?

’n Katarak is die natuurlike lens in jou oog wat geleidelik harder en dowwer word. Die natuurlike lens is agter die kleur, of iris, van jou oog geleë, en is daarvoor verantwoordelik om inkomende lig skerp in die oog te fokus.

Onder ideale omstandighede is die lens daartoe in staat om skerp visie op alle afstande te verseker. Die natuurlike lens word egter geleidelik harder met ouderdom, met die gevolg dat jy later sukkel om sonder ’n bril te lees. Jou visie word ook geleidelik dowwer as gevolg van die lens wat wasig word.

Tydens die katarakprosedure word hierdie natuurlike lens met ’n kunsmatige lens vervang. Die primêre doel van die nuwe lens is om skerp visie te herstel, en die sekondêre doel is om jou afhanklikheid van ’n bril te verminder.

Die nuwe lens is permanent in jou oog en sy funksie is stabiel vir die res van jou lewe. Die gevolg is dat jou sig nie weer sal versleg nie.

Watter soort kunsmatige lense is beskikbaar?

Daar is ’n groot verskeidenheid lense wat ingeplant kan word.

’n Lasermeting word gebruik om die krag te bepaal van die beste lens vir ’n bepaalde oog.

Die keuse van lens word natuurlik ook beïnvloed deur jou spesifieke behoeftes.

Die standaard- monofokale lense kan bysiendheid en versiendheid verbeter. Astigmatisme kan ook met toriese lense behandel word. Met astigmatisme is die kornea aan die voorkant van die oog nie so rond soos ’n sokkerbal nie, maar ovaalvormig, soos ’n rugbybal.

Die toriese lens in jou oog kompenseer vir die abnormale korneale vorm. Al hierdie lense fokus egter op een spesifieke punt, en gevolglik het jy goeie visie op bepaalde afstande, maar nie op alle afstande nie.

Om volkome brilonafhanklikheid te verkry, wil jy natuurlik nie net ver sien nie, maar ook op armafstand en naby. Trifokale lense fokus op al drie afstande en laat jou toe om nie net ver skerp te sien nie, maar ook op middelafstand en naby vir lees. Die trifokale lense bied dus algehele brilonafhanklikheid.

’n Nuwe interessante groep lense skep ’n addisionele moontlikheid om jou te help om op verskillende afstande te sien.

Verlengde diepte van fokus (VDVF)-lense fokus nie net op een punt nie, maar verleng die deel wat in fokus is. Hoe meer die gedeelte in fokus verleng kan word, hoe groter is jou onafhanklikheid van brille.

Die lens fokus egter nie op verskillende afstande soos ’n multifokale lens nie. Daar is verskillende VDVF-lense wat die fokus op verskillende maniere en met variërende grade verleng.

Deur die visie tussen jou twee oë te balanseer, kan jy al jou daaglikse take sonder ’n bril verrig.

Met al die verskillende keuses is dit natuurlik belangrik dat jy jou opsies met jou oftalmoloog bespreek. Baie faktore moet in ag geneem word om die beste lens vir jou spesifieke geval voor te stel.


GEBORG

female face, cut in half to present before and aft

Dr. Frikkie Hartog sê deur die fokus van jou oë te verleng met gespesialiseerde lense, kan jy gehelp word om permanent minder afhanklik te wees van ’n bril vir alle daaglikse take.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.