Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Troef só daardie swart hond oor die feestyd

Die feestyd, wanneer almal jolig en vrolik blyk te wees, kan ’n moeilike tyd wees vir mense met depressie, en ook vir hul geliefdes wat self ondersteuning nodig het.

Glynis Depper, ’n raadgewer by LifeLine in die Wes-Kaap, wat leef saam met depressielyers.

“Depressie is oorweldigend – dit dompel ’n mens in donker wanhoop of neem jou na malle hoogtes. Hoe dit ook al sy, dit bly uitputtend,” sê Depper.

Mense wat leef saam met ’n depressielyer sal weet watter tol dit eis. Jy wil help en dinge verander en jou emosies wissel waarskynlik tussen empatie, frustrasie en woede en dan weer skuldgevoelens.

Vir ’n geliefde is die toestand moeilik om te verstaan en dit voel dikwels of die hulp wat hulle aanbied, vergeefs is.

Depper herinner mense daaraan om dit nie persoonlik op te neem nie. Aanvaar dat jy iemand miskien nie kan red of dinge kan beter maak nie.

Probeer om nie te sê ruk jouself reg nie; of jy het soveel om voor dankbaar te wees nie.

Maak seker die persoon weet jy is lief vir hom of haar, maar wees ook versigtig om self nie in daardie donker put te val nie.

Maak tyd vir jouself

Een ding wat belangrik is, is om tyd vir jouself in te ruim – jou eie tyd om te ontspan en iets te doen waarvan jy hou. En moenie skuldig voel oor daardie spesiale eie tyd nie.

Hoewel ’n mens voel hy moet altyd die depressielyer ondersteun, kan jy dit soms nie doen nie. Dit is ook goed om te weet dat die ondersteuner soms ondersteuning nodig het.

Mense wat depressielyers help, mag ook hulp vra. Moenie jouself isoleer nie. As jy self ondersteuning nodig het, beteken dit nie dat jy dislojaal is nie.

Kry hier hulp

LifeLine Wes-Kaap is slegs een oproep weg en raadgewers is daagliks tussen 09:30 en 22:00 beskikbaar.

Bel 021 461 111 indien jy oor die foon met iemand wil gesels.

Indien jy persoonlik met ’n raadgewer wil gesels, bel 021 4611 113 in kantoorure en maak ’n afspraak.

Jy kan ook WhatsApp na 063 709 2620.

LifeLine Wes-Kaap se dienste is gratis. Besoek die organisasie se webblad by www.lifelinewc.org.za.

Meer oor:  Depressie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.