Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Uit die grond en gesond

Groen, organies, natuurlik – dís die nuwe gonswoorde in velsorg, skryf Karla Janse van Vuuren.

‘Almal is deesdae bewus dat ons liggame daagliks gebombardeer word met chemikalieë en dit het daartoe gelei dat die natuurlike-velsorg-bedryf die laaste paar jaar buitengewoon gegroei het. Verbruikers is op soek na minder ingrypende oplossings vir ’n vel wat natuurlik en gesond is,” sê Carol-Ann King van Katavi, ’n reeks velsorgprodukte met hul wortels diep in Afrika.

Agter die beste natuurlike velsorgprodukte is daar behoorlike wetenskap.

Dié produkte word gemaak van die sogenaamde “vyf supervrugte” van Afrika – dié van die worsboom, kremetart, maroela, manketti en moringa – en word gerugsteun deur meer as 27 jaar se navorsing.

“Daar is ’n perfekte balans tussen die natuur en wetenskap. Een van die stigters, Janine Halsted, se pa, Jimmy, was ’n kosmetiese wetenskaplike in Zimbabwe en het vir Janine ’n kosmetiese produk van worsboomvrug gemaak toe sy as tiener met haar vel gesukkel het. Dit het haar vel soveel laat verbeter dat dit die begin was van ’n hele reeks teenverouderingsprodukte,” vertel Carol-Ann.

SKOON., nog ’n trots Suid-Afrikaanse velsorgreeks, is die geesteskind van Stella Ciolli, ’n ingenieur van Kaapstad.

“Die essensie van ons produk is deursigtig en suiwer, en dit word geformuleer met ’n skoon gewete. Dit is ’n velsorgreeks wat goed is vir jou vel en die bestaan van alle lewende dinge respekteer,” verduidelik Emma du Plessis, een van die mede-eienaars van SKOON.

“Sommige natuurlike en organiese produkte gee nie genoeg aandag aan die wetenskap wat in die bedryf beoefen word nie. Natuurlik en organies moenie wetenskaploos beteken nie,” voeg sy by.

Nog ’n Suid-Afrikaanse reeks met ’n sterk fokus op wetenskap is Esse (“om te wees” in Latyn) wat deur Trevor Steyn begin is. Hy het ’n meestersgraad in organiese wetenskap en sedert 2009 het Esse ’n groot fokus op die gebruik van probiotika en hoe dit optimale velgesondheid bevorder.

By Emilie Dumas se velsorgkliniek Nine Aesthetics in Norwood word Esse eksklusief gebruik. “Esse-produkte is ook baie gewild in Europa, veral Denemarke en Duitsland, waarskynlik omdat Europeërs baie gefokus is op natuurlike produkte. Ek dink hierdie soort produkte gaan al hoe gewilder raak in Suid-Afrika omdat mense begin besef dat nie-natuurlike produkte die beskermende funksie of eerste laag van jou vel kan beskadig. Die probiotika in Esse versterk egter daardie laag en jou vel is meer bevogtig en sterker van binne na buite,” sê sy.

Daar is ook internasionale velsorgreekse tans in Suid-Afrika beskikbaar, soos RVB Skinlab van Italië se natuurlike reeks, en Cowshed van Brittanje, wie se baba-velsorgprodukte veral die moeite werd is om te probeer.

Meer oor:  Velsorg  |  Groen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.