Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Vriendin ‘angstig maar opgewonde’ oor leweroorplanting
Dr. Sheldeen Botha en Carine Terblanche is beste vriendinne van Bloemfontein. Botha kry Donderdag ’n leweroorplanting en Terblanche is die skenker. Foto: Verskaf

Carine Terblanche van Bloemfontein, wat vandeesweek 60% van haar lewer aan haar beste vriendin, dr. Sheldeen Botha, gaan skenk, sê sy voel angstig maar terselfdertyd opgewonde “met die hoop dat ek iemand se lewe kan beter maak”.

Die leweroorplanting sou Dinsdag plaasvind, maar dit is na Donderdag uitgestel weens ’n jong seun wat Maandag ’n noodoorplanting moes kry.

Dit kom nadat die oorplanting vroeër vanjaar ook uitgestel was toe die risiko vir bloeding by Botha te groot was en haar milt nie genoeg gekrimp het nie.

Primêre biliêre cholangitis (pbc) is tien jaar gelede by haar gediagnoseer en sy moes kort daarna reeds ’n leweroorplanting kry, maar weens die “gebede van ander” doen sy dit nou eers, ’n maand ná haar 40ste verjaardag.

Sy en Terblanche word Woensdag vir ’n tweede keer ná Maandag in die Wits Donald Gordon Medical Centre in Johannesburg opgeneem, waarna bloedtoetse gedoen word.

Terblanche gaan dan Donderdag eerste teater toe, en Botha twee uur later.

Ek glo in elk geval ons almal se lewensverhaal is lankal reeds geskryf, ons moet net inval daarby. ’n Mens kan nie help om ’n bietjie bang te voel nie, maar dit is maar meer vir die onbekende en die seer wat ons weet kom, maar ons harte is rustig.

Dit is die enigste hospitaal in die land waar leweroorplantings gedoen word, en Botha se oorplanting is maar die derde een in Suid-Afrika tussen nie-familielede. Terblanche se lewer behoort binne vier tot ses weke weer tot die normale grootte te groei.

Botha het gesê die wag en uitstel is senutergend, maar hulle is rustig.

“Ek glo in elk geval ons almal se lewensverhaal is lankal reeds geskryf, ons moet net inval daarby. ’n Mens kan nie help om ’n bietjie bang te voel nie, maar dit is maar meer vir die onbekende en die seer wat ons weet kom, maar ons harte is rustig,” het sy Dinsdag in Parktown in Johannesburg gesê.

“Ons families en vriende dra ons!”

Terblanche het gesê haar hoop met die skenking is dat meer mense van orgaanskenking bewus sal raak.

“Nie noodwendig net tussen familielede nie, maar ook tussen vriende en vreemdelinge.”

Sy is besig om ’n organisasie te stig om families en pasiënte wat oorplantings kry te ondersteun. Sodra haar hersteltyd verby is, sal Botha ook hierby betrokke raak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.