Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Vroeg opstaan verminder borskanker – studie

Die kanse van vroue wat vroeg uit die vere is om borskanker te kry is glo minder as diegene wat laatnag eers bed toe gaan.

Meer as 180 000 vroue, waarvan die meeste van Europese afkoms is, het aan hierdie studie deur dr. Rebecca Richmond van die Cancer Research UK Integrative Cancer Epidemiology-program en die eenheid vir epidemiologie aan die Universiteit van Bristol deelgeneem.

Die navorsingsuitslae is Dinsdag op ’n kankerkonferensie in Glasgow in Skotland bekend gemaak.

Die navorsing wys onder meer dat een uit elke 100 vroue wat vroeg opstaan, het borskanker ontwikkel, teenoor twee uit elke 100 vroue wat saans later wakker bly.

Volgens die Universiteit van Bristol moet die rede vir die laer risiko vir borskanker in vroue wat vroeg opstaan nog gevind word, berig die BBC.

Die DNS is ook bekyk van vroue wat vroeg opstaan teenoor dié wat saans laat opbly.

Volgens die navorsingspan moet baie ander faktore, soos alkohol en gemorskos, egter ook by borskanker in ag geneem word.

In Amerika word sowat 45% van kankersterftes met alkohol verbind.

Die navorsing moet nog in ’n mediese joernaal gepubliseer word.

Meer oor:  Bristol  |  Borskanker  |  Navorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.