Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Vrou staan bankvas agter man tydens kankerdiagnose

Om met kanker gediagnoseer te word, is ’n groot skok - ook vir die mense in jou lewe.  Colleen Middelmann vertel oor die pad wat sy met haar man gestap het ná hy uitgevind het hy het prostaatkanker.

Vir Colleen Middelmann was haar man, Mish, se prostaatkankerdiagnose ’n reuse-skok, maar sy het probeer optimisties bly en die paadjie saam met hom gestap.

Mish Middelmann (links) se vrou, Colleen, het hom deurlopend ondersteun en aangemoedig nadat hy uitgevind het dat hy prostaatkanker het. Foto: VERSKAF

Sy sê sy het geleer ’n kankerdiagnose beteken nie dit is die einde van jou lewe nie. “Daar was twee maande tussen die aanvanklike diagnose en die operasie. Die dokter het vir ons gesê dat dit nog nie so ernstig is nie en aanbeveel dat ons weggaan vir die Desembervakansie.”

Volgens Colleen het hulle ’n fantastiese vakansie gehad en eers met hul terugkoms meer op die diagnose gefokus.

“Toe ons terugkeer het die realiteit ernstiger geword, maar ons het aangehou met ons gewone oefeninge en sosialisering. Ek het heeltyd gedink alles gaan oukei wees, want ons is gesond en bly fiks.”

Colleen het eers bekommerd begin raak toe die operasie om die draai was.

Hoe sy optimisties gebly het

Mish se optimisme en sy bereidwilligheid om openlik oor alles te praat, was aansteeklik en het ’n groot rol gespeel in hoe sy moed gehou het.

“Sy positiwiteit het dit maklik gemaak om optimisties te bly, want dit is net so oorgedra aan my. Baie mans sukkel gewoonlik om oop te maak, maar dit was gelukkig nie die geval met hom nie. Hy het aanhou praat oor hoe hy voel en waaraan hy gedink het, en ek kon met hom simpatiseer.

“Hy was in daardie tydperk ook vir ’n biopsie, wat baie seer was, en ek kon hom prakties versorg.”

Colleen sê dit sou onder ander omstandighede moeilik gewees het om optimisties te bly.

Haar positiewe ingesteldheid het haar geïnspireer om deur te druk. Sy het hom deurentyd aangemoedig om vol te hou met hul daaglikse oefeninge en fiksheidsroetine.

Die invloed van erektiele disfunksie

Erektiele disfunksie is een van die dinge waaroor daar nie veel gesê word ná ’n prostaatkankerdiagnose nie.

Dit is iets wat mans se manlikheid beïnvloed, maar Colleen en Mish is ’n voorbeeld van hoe man en vrou saam hierdie uitdaging die hoof kan bied.

“Aan die begin was dit nie so erg as wat ons verwag het nie. Hy was baie seer na die operasie – in sy buik en oral. Ons was baie versigtig en nie te seksueel nie, maar meer sensueel, soos om drukkies te gee,” sê sy.

Volgens haar het sy altyd gesê dat alles regtig piekfyn is en hy hom nie oor haar hoef te bekommer nie. Haar prioriteit was om op dieselfde golflengte as hy te wees, en sy het op geen manier gefrustreerd gevoel nie.

“Ek dink dit het na twee of drie maande moeiliker geword toe hy beter voel en begin genees.

“Hy het erektiele disfunksie gehad. Dit het gevoel asof niks werk nie en hy het gefrustreerd geword daaroor.”

Sy het aanvanklik nie geweet hoe om dit te hanteer nie. Hy het homself effens onttrek, want hy wou haar nie teleurstel nie, ook nie homself nie.

Al wat sy kon doen, was om te sê dat sy daar is vir hom en teen dieselfde spoed as hy beweeg.

Die inperking het hierdie fase van genesing ietwat vergemaklik omdat hulle minder rondbeweeg het en nie sosiaal kon verkeer nie.

“Ons moes egter toe ook aan inperking gewoond raak, maar tot ’n mate het dit my aandag ’n bietjie van die kanker afgelei omdat ek op die inperking moes fokus en hoe dit ons lewe van nou af gaan beïnvloed,” sê Colleen.

Behandeling en hulpmiddels vir erektiele disfunksie

Colleen sê die feit dat hulle al 40 jaar saam is, het baie gehelp. Hulle is al deur baie dinge saam, insluitend haar swangerskappe en die probeerslae om swanger te raak, en hulle kon gelukkig oor alles praat.

“Ons kon baie dinge uitwerk en het besef dat ons nie meer 20 is nie en nie elke keer seksuele opwinding benodig nie.

“Mish was baie proaktief en dit is ook hoe hy op die Vacurect-vakuumapparaat afgekom het. Hy het dit eers op sy eie probeer en later het ek vir hom gesê kom ons kyk waaroor gaan hierdie apparaat.”

Hulle het al baie dinge oor die jare probeer en innoverend geword, en sy sê dit was maar net nog ’n proses waardeur hul moes werk.

Mish is nie baie lief vir pille nie, maar het die standaardbehandeling genaamd Cialis probeer. Dit het by hom egter newe-effekte soos hoofpyn veroorsaak.

Hoewel die medikasie help met bloedvloei, lei dit nie tot onmiddellike herstel nie.

“Dit gaan daaroor om ander maniere te vind om intiem te wees, plesier in mekaar te vind en minder orgasmes te verwag.”

Sy glo dit is belangrik, ook om intiem en innoverend te bly.

“Die sleutel is om ten alle tye te kommunikeer, te besef dat omstandighede enige tyd kan verander en dat daar baie maniere is om mekaar plesier te gee.”


GEBORG

Vacuhealth

Man sad after arguing with his girlfriend in the b

Vacuealth is Vacuhealth die oplossing vir ereksieprobleme. Deur nie hulp vir erektiele disfunksie te soek nie, beskadig baie mans hul belangrikste verhouding. ’n Vakuumereksie-apparaat, soos die Vacurect, werk deurdat ’n vakuum in ’n silinder geskep word wat bloed na die are in die penis trek. Dit word beskou as ’n langtermynherstelproses. Vacurect is ook ’n trots Suid-Afrikaanse produk

Meer oor:  Gesondheid  |  Kankerbehandeling  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.