Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Wat is doelmatige tee en hoekom behoort jy dit te drink?

Teedrink en die bediening daarvan is ’n daaglikse gebruik vir so baie mense wêreldwyd en is ryk aan seremonie en deurtrek van tradisie.

Die voordele van tee strek verder as die kuns van voorbereiding en die inaseming van die geur, sê Susan Bowerman, senior direkteur van wêreldwye voedingsleer en opleiding by Herbalife Nutrition.

Om tee voor te berei en te drink maak sin vir ’n gesonde lewe.

Groen-, swart en kruietee bevat plantvoedingstowwe, bestanddele wat plante nie net hul kleur, smaak en geur gee nie, maar ook menslike gesondheid kan bevoordeel.

Sommige teevervaardigers voeg selfs vitamienes en doelmatige kruie by tee wat al reeds goed genoeg is vir jou. Dink aan hulle as ’n ander benadering tot doelmatige tee.

Van groentee met vrugte laat trek tot “energie”- en “slaaptyd”-mengsels – daar is dosyne soorte doelmatige tee om van te kies.

Hier is ’n paar beproefde keuses doelmatige tee om in jou kombuiskas aan te hou.

Swart en groentee

Berei ’n koppie groentee voor om die aanwakker van anti-oksidante te steun.

Groentee word van die kamelia sinensis-plant gemaak en bevat vier bestanddele genaamd katesjolle, wat deel is van ’n familie van samestellings beter bekend as flavonoïede.

As jy ’n energiehupstoot saam met groentee se voedsame voordele wil hê, kies swart tee. Dit bevat tot soveel as twee of drie keer die kafeïen van groentee (afhangend van hoe lank jy dit laat trek) en het soortgelyke gesondheidsvoordele.

Groen-, swart en wit tee bevat almal ’n aminosuur genaamd L-Theanien, wat verklaar hoekom tee jou ’n energiehupstoot sonder die koffieritteltits gee.

Kamilletee

Kamilletee bevorder ontspanning en rusgewende slaap. Kamilletee se aan-die-slaap-makende uitwerking het te make met die flavonoïed apigenien en hoe dit aan sekere reseptore in die brein bind, wat slaperigheid veroorsaak.

Kamilletee verskaf ook ’n anti-inflammatoriese aspek. Navorsers van die University Hospitals- mediese sentrum in Cleveland, Ohio in die VSA, deel van die akademiese hospitale van Case Western Reserve-Universiteit, het die anti-inflammatoriese gevolge van kamilletee bestudeer. Hulle het bevind dat dit soortgelyk werk as anti-inflammatoriese nie-steroïedmedisyne.

Laventeltee

Net soos wat laventel se vlugtige olies ontspanning en slaap bevorder, is dit kalmerend om laventeltee te drink. Wanneer jy laventeltee se stoom inasem, kan dit jou senuweestelselaktiwiteit verlangsaam, wat jou laat ontspan, volgens die Universiteit van Maryland se mediese sentrum.

Die bestanddele in groen-, swart en kruietee kan voordele inhou, maar die ritueel van tee voorberei verdien ook ’n plek in ’n gesonde leefstyl.

Pepermenttee

Die drink van ’n stomende koppie pepermenttee het ’n algehele strelende uitwerking op jou verteringstelsel.

Gemmertee

Gemmer gee nie net oemf aan gebakte koekies en roerbraaigroente nie, dit kalmeer ook jou maag. Gemmer bevat minstens 14 bioaktiewe samestellings. Gemmer bevat ook ’n hoë vlak van anti-oksidante. Dit word ook as ’n anti-inflammatoriese krui geag.

Die bestanddele in groen-, swart en kruietee kan voordele inhou, maar die ritueel van tee voorberei verdien ook ’n plek in ’n gesonde leefstyl.

Om rustig te sit met ’n koppie warm tee is ’n kilojoule- en alkoholvrye manier om aan die einde van ’n dag te ontspan. Dis boonop ’n uitstekende manier om jou daaglikse kwota vloeistof in te neem.

  • Inligting verskaf deur Herba­life Nutrition.
Meer oor:  Gesondheid  |  Tee  |  Gesond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.