Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Wen gesondheidsopies van Sir Juice

Die gewilde varsvrugtesap-maatskappy Sir Juice het pas ’n nuwe produk bekend gestel – Sir Juice Raw Health Shots, ’n klein botteltjie vol gesonde skop.

Dié botteltjies spog met die gekonsentreerde heerlikheid van vars vrugte, vitamienryke groente en speserye. Dit is net een of twee slukkies, maar dit is propvol superkos-bestanddele met hope antioksidante en minerale.

Daar is vier verskillende soorte beskikbaar:

  • Daily Green – appel, komkommer, suurlemoen, spinasie en krulkool (kale);
  • Fiery Ginger – rou gemmer, appel en suurlemoen;
  • Pomegranate – suiwer granaatsap; en
  • Spicy Turmeric – borrie, suurlemoen, wortel, lemoen en rooipeper.

Ek het al vier beproef en my gunstelinge is beslis die gemmer en die granaat. Dit voel asof die gemmer sommer help om jou sinusse oop te maak, en die granaat is werklik verfrissend op ’n warm dag.

Die Sir Fruit Health Shots kos R18,99 per 100 ml en gaan beskikbaar wees in alle voorste supermarkte en groentewinkels landwyd.

Vir meer inligting besoek www.sirfruit.com en volg hul sosialemedia-platforms.

Wen!

Twee lesers kan elk ’n maand se voorraad van die Health Shots wen ter waarde van R550 elk.

Om in aanmerking te kom, SMS jou naam, van en kontakbesonderhede (insluitende e-pos- en afleweringsadres) na 35986.

’n SMS kos R1,50 en moet ons teen Maandag om 10:00 bereik. Begin jou SMS met “Sir Juice”.

Meer oor:  Sir Juice  |  Kompetisie  |  Sap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.