Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
WGO wil dié vette laat verdwyn

Onversadigde vetsure wat op industriële skaal vervaardig word, gaan stelselmatig uitgeskakel word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Dié soort onversadigde vetsure kom in harde blokke margarien, verhelderde botter (ghi) en gedeeltelik gehidreerde olies voor.

Dit het in die vroeë 20ste eeu as plaasvervanger vir botter en gewild begin raak in die 1970’s.

Dit word gebruik in skyfies en vooraf gebakte produkte soos southappies, koekies, beskuitjies, pasteie, gevriesde kos soos pizza en kors, oliebolle, asook olie om kos mee te diepbraai soos slaptjips en hoender.

Die WGO wil hê gesonder alternatiewe moet gebruik word en lande moet selfs die bedryf reguleer, omdat onversadigde vetsure verbind word met kardiovaskulêre siektes. Verskeie lande het al verpakte voedsel beperk waarin dit voorkom en daar is lande wat hidrogeneerde olie – die hoofbron daarvan – verbied het. Dit is sekere soorte groenteolie wat solied gemaak word.

Deur dit te verwyder uit mense se dieet, kan 500 000 sterftes jaarliks voorkom word. Dit kan maklik vervang word deur ander gesonde vette, sonder enige ekstra koste, het die WGO gesê.

Meer oor:  Wgo  |  Gesondheid  |  Onversadigde Vetsure
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.