Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Ystertekort-anemie hoef nie jou lewenslus te demp nie

Hierdie tyd van die jaar hoor jy gereeld kollegas, vriende en familie kla dat hulle moeg is en lusteloos voel. Ystertekort-anemie is wêreldwyd die mees algemene voedingsgebrek en is veral ’n kommer vir vroue en jong kinders, maar dit is meestal maklik om te behandel. Dr. Jon Patricios, spesialis in sportgeneeskunde, vertel meer hieroor.

Ystertekort (ID) is die grootste oorsaak van bloedarmoede ter wêreld. In ’n onlangse studie oor die ysterstatus in ’n gesonde Suid-Afrikaanse volwasse bevolking was die voorkoms 39,8% in alle deelnemers en so hoog as 56,6% by vroue.

ID kom voor wanneer die ysterhouers (sekere organe) in die liggaam uitgeput raak, wat kan lei tot bloedarmoede.

Swanger vroue en dié wat borsvoed het ’n groter behoefte aan yster omdat dit verlore raak in die borsmelk.Foto: PIXABAY

“Anemie word veroorsaak wanneer die vlak van rooibloedselle in bloed laer is as normaal,” verduidelik dr. Jon Patricios, ’n spesialis in sportgeneeskunde.

“Die mees algemene oorsaak is onvoldoende hoeveelhede van minerale yster wat ystertekort-anemie genoem word. Dit kom voor omdat die yster in die liggaam nie genoeg hemoglobien - ’n proteïen wat suurstof deur die liggaam versprei - vervaardig nie.

’n Ystertekort kan ernstige gevolge hê, van vertraagde fisiese, geestelike en sosiale ontwikkeling by kinders tot swak gesondheid en lusteloosheid by volwassenes.

Omdat die uitwerkings subtiel is, word ID en IDA egter maklik oorgesien.

Volgens dr. Patricios is dit belangrik om uit te kyk vir hierdie tekens:

  • uiterste moegheid en swakheid
  • bleek vel
  • borspyn
  • onreëlmatige of vinnige hartklop
  • kort van asem
  • hoofpyn,
  • duiseligheid of lighoofdigheid
  • koue hande en voete en tintelende bene
  • ontsteking van jou tong of seer tong
  • bros naels
  • swak eetlus
  • ongewone drang vir vreemde stowwe soos ys of vullis.

Enigeen kan in gevaar wees, veral vroue en kinders.

“Tydens menstruasie verloor vroue rooibloedselle en yster. Swanger vroue en dié wat borsvoed het ook ’n groter behoefte aan yster omdat dit verlore raak in die borsmelk tydens voeding,” sê dr. Patricios.

Hy voeg by dat yster noodsaaklik is vir ’n kind se groei en ontwikkeling. “Kinders met ’n groter risiko sluit premature babas, babas wat koei- of bokmelk of beide voor die ouderdom van een drink, en babas wat onversterkte babaformule drink.”

ID kan vererger word deur swak ysterinname, wat verband hou met medisyne soos teensuurmiddels of drankies soos tee, koffie of wyn, waarsku dr. Patricios.

Mediese sorg behels die aanvulling van yster, maar ook om die oorsaak te identifiseer en te behandel.

Kalsium in suiwelprodukte kan ook inname beperk. As jy tekens van tekorte het, is dit noodsaaklik om jou dokter te spreek om vas te stel of jy aan bloedarmoede ly.

“Mediese sorg behels die aanvulling van yster, maar ook om die oorsaak te identifiseer en te behandel. Dit sal ’n deeglike mediese ondersoek behels en kan toetse insluit,” sê hy.

Benewens ’n dieet met ysterryke kosse (rooivleis, en in ’n mindere mate hoender, eiers, skulpvis, bone, donkergroen blaargroente, verrykte graan en brood), sal ’n ysteraanvulling voorgeskryf word.

Die gewone aanbevole ysterdosis vir die behandeling van IDA by volwassenes is 100 mg tot 200 mg of elementêre yster daagliks. Baie aanvullings bevat slegs klein hoeveelhede elementêre yster, dus moet jy eerder by ’n dokter ’n voorskrif vir ’n ysteraanvulling kry sodat jy kan seker wees jy neem die regte hoeveelheid yster in.

Meer oor:  Bloed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.