Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
300 lopies vir 13-jarige Kapenaar
Ethan Kotzee van die Hoërskool Fairmont het onlangs ’n rekordgetal van 300 lopies in een wedstryd geslaan.

Die 13-jarige Ethan Kotzee het hom voorverlede week as lid van die Hoërskool Fairmont se o.14A-krieketspan in die rekordboeke ingekolf.

In ’n wedstryd teen Milnerton het Ethan ’n onoorwonne 311 lopies van 134 balle aangeteken – en as dit nie ’n kragmeting was wat tot 50 boulbeurte per span beperk was nie, kon sy telling moontlik nog veel hoër gewees het. Hy het in sy kolfbeurt net een moontlike vangkans gebied, maar was toe reeds al glimlaggend verby die 200-merk.

Asof sy middelorde-kolfstormloop – wat bygedra het tot ’n spantotaal van 613/5 – boonop nie genoeg was nie, het hy daarna as mediumvinnige aanvangsbouler 4/29 ingeoes en meegehelp om sy span met ’n formidabele 550 lopies te laat wen.

In Ethan se kolfbeurt is 250 van die lopies deur middel van 15 sesse en 40 grenshoue aangeteken – wat onmiddellik die vraag laat ontstaan: was dit inderdaad goeie kolfwerk of swak boulwerk, en was dit ’n standaardgrootte veld?

Volgens dié gr. 8-leerling was dit ’n kombinasie van al drie faktore.

Die veld is wel ietwat aan die kleinerige kant.

Ethan, ’n produk van die Laerskool Kenridge buitekant Durbanville, beskik oor die hele arsenaal van dit wat in ’n kolwer opgesluit moet wees. Hy het ’n uitstekende hand-oog-koördinasie en daarby is sy dryf-, dekpunt- en haakhoue almal ewe voortreflik.

Voor dié geskiedkundige wedstryd kon Ethan in sy laerskooldae reeds met drie 100-talle spog, met ’n beste telling van 112.

Ethan is ’n knaap wat nie weet van stilsit nie. So tussen die krieketspelery deur neem hy ook aan ’n rits atletieknommers deel en in die wintermaande woel hy as ’n senter op die rugbyveld.

Voorts is hy ’n knap tafeltennisspeler – maar krieket bly sy gunsteling-sportsoort, sê hy sonder om te huiwer.

Meer oor:  Krieket  |  Sport  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.