Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
2 ekstra vakke nou op #MySkool beskikbaar

NOTA: Ons beleef tans tegniese probleme en sal die jongste lesse oplaai sodra ons kan. Dankie vir u geduld.

Aanlyn lesse in twee nuwe vakke is van Maandag, 20 April beskikbaar op #MySkool, Netwerk24 se aanlyn hulp vir matrieks.

Benewens die ses vakke wat reeds aangebied word, gaan matrieks ook nou na klasse in besigheidstudies en wiskundige geletterdheid kan kyk.

“Ons is oorweldig deur die positiewe terugvoering van ons lesersgemeenskap nadat ons #MySkool begin het,” het Anika Pieterse, Netwerk24 se redaksionele bestuurder van spesiale projekte, gesê.

“Ons het heelwat navrae spesifiek oor hulp in besigheidstudies en wiskundige geletterdheid ontvang en het daarom dié twee vakke nou ook tot ons aanbieding gevoeg.”

Die aanlyn hulp vir matrieks is nou ook verleng tot Vrydag, 1 Mei, die dag nadat die inperking eindig.

Matrieks sal dus van Maandag, 20 April, elke weeksdag 8 aanlyn lesse per dag kan kyk.

Hoe gaan dit werk?

Netwerk24 het agt onderwysers met bewese ervaring van oor die land heen geïdentifiseer om aanlyn klasse vir matrieks aan te bied.

Elke onderwyser het drie leerlinge van hul skool gekies om aanlyn by die klas in te skakel.

Dié drie leerlinge sal regstreeks aan die onderwyser kan vrae stel.

Dié interaktiewe les word dan opgeneem en op Netwerk24 vir alle matrieks beskikbaar gestel.

Wat moet jy doen om in te skakel?

Ons gaan die klasse elke dag op Netwerk24 en op YouTube laai.

Besoek elke dag Netwerk24 se MySkool-bladsy.

Besoek ons YouTube-kanaal.

Besoek ons Facebook-blad.

Besoek ons Instagram-blad.

Wie kan almal saam leer?

Enige matriekleerling is welkom om die klasse aanlyn by te woon.

Die klasse is voor die betaalmuur. Jy hoef dus nie ’n intekenaar van Netwerk24 te wees om die klasse by te woon nie.

Die klasse gaan vir ’n onbeperkte tyd op Netwerk24 beskikbaar wees. As jy dus ’n les misgeloop het, kan jy maklik later inhaal.

Lesse 1 tot 6 van Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe is steeds op Netwerk24 en op Youtube beskikbaar.

Watter vakke word aangebied?

Ons gaan tussen 20 en 1 Mei tien klasse per vak aanbied.

Wie is die onderwysers?

Netwerk24 het ’n groep onderwysers met bewese ervaring ingespan om ’n superspan onnies te wees wat jou aanlyn deur hierdie tyd gaan help.

Diané la Grange
Diané la Grange

AFRIKAANS HUISTAAL

Diané la Grange van Proteahoogte Akademie in Brackenfell.

Sy het 29 jaar ondervinding as onderwyser.

Rachelle Bezuidenhout
Rachelle Bezuidenhout

ENGELS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Rachelle Bezuidenhout van die Hoërskool Rustenburg. Sy het 11 jaar ondervinding as onderwyser.

Morné Smit
Morné Smit

WISKUNDE

Morné Smit van die Hoër Volkskool in Potchefstroom. Hy het 18 jaar ondervinding as onderwyser.

Francois Vermaak
Francois Vermaak

REKENINGKUNDE

Francois Vermaak van Curro Rivonia in Johannesburg het 20 jaar ondervinding in die onderwys.

Unity Demas
Unity Demas

LEWENSWETENSKAPPE

Unity Demas van die Hoërskool Bernadino Heights in Kraaifontein. Hy het 22 jaar ondervinding as onderwyser.

Elmien Kloppers
Elmien Kloppers

FISIESE WETENSKAPPE

Elmien Kloppers van die Hoërskool Langenhoven in Riversdal. Sy het meer as 30 jaar ondervinding as onderwyser.

Ansie Postma
Ansie Postma

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

Ansie Postma van Hoër Volkskool Potchefstroom. Sy het 10 jaar ondervinding in die onderwys.

Trevor Forbes
Trevor Forbes

BESIGHEIDSTUDIES

Trevor Forbes van die Hoërskool Zandvliet in Macassar, naby Somerset-Wes. Hy het 28 jaar ondervinding in die onderwys.

Op watter werk gaan die onderwyser fokus?

AFRIKAANS HUISTAAL

Les 7: Kontekstuele vrae: Gedigte en literêre kenmerke

Les 8: Gedig: Sagte sprong

Les 9: Gedig: Twee kleuters in Vondelpark

Les 10: Ontleding: Onderwêreld

Les 11: Ontleding: Krismis van Map Jacob

Les 12: Visuele respons Vraestel 1

Les 13: Taalstrukture en -konvensies

Les 14: Taalstrukture en -konvensies

Les 15: Bespreking Vraestel 1 – hersiening

Les 16: Bespreking Vraestel 1 – hersiening

ENGELS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Lesson 7: Language: Comprehension and summary

Lesson 8: Poetry: Still I Rise

Lesson 9: Language: Visual literacy

Lesson 10: Poetry: Death

Lesson 11: Language: Reported Speech

Lesson 12: Poetry: Captive

Lesson 13: Language Editing: Tips and tricks

Lesson 14: Poetry: Alexandra

Lesson 15: Language: Parts of speech, questions, negatives, tags

Lesson 16: Literature: Themes in My Children! My Africa!

WISKUNDE

Les 7: Differensiaalrekene (gemiddelde gradiënt en eerste beginsels)

Les 8: Differensiaalrekene (afgeleides en raaklyne)

Les 9: Differensiaalrekene (skets van derdegraadse funksies)

Les 10: Differensiaalrekene (Taal van grafieke)

Les 11: Differensiaalrekene (Interpretasie vanuit grafieke)

Les 12: Differensiaalrekene (Tempo van verandering)

Les 13: Differensiaalrekene (optimering)

Les 14: Funksies en inverse (reguit lyne en parabole)

Les 15: Funksies en inverse (eksponensiale en logaritmiese grafieke deel 1)

Les 16: Funksies en inverse (eksponensiale en logaritmiese grafieke deel 2)

REKENINGKUNDE

Les 7: Kontantvloei inleiding en oorsig

Les 8: Kontantvloei nota 1 (verduideliking)

Les 9: Kontantvloei nota 1 (praktiese oefening)

Les 10: Belasting, dividende en rente betaal (verduideliking)

Les 11: Belasting, dividende en rente betaal (praktiese oefening)

Les 12: Kontantvloei van beleggingsaktiwiteite

Les 13: Kontantvloei van finansieringsaktiwiteite

Les 14: Kontantvloei eksamenoefening

Les 15: Hoër orde -vrae in Rekeningkunde (deel 1)

Les 16: Hoër orde -vrae in Rekeningkunde (deel 2)

LEWENSWETENSKAPPE

Les 7: Evolusie (tans)

Les 8: Bewyse van gemeenskaplike voorouers vir lewende hominiede, insluitend die mens (deel 1)

Les 9: Bewyse van gemeenskaplike voorouers vir lewende hominiede, insluitend die mens (deel 2)

Les 10: Uit Afrika -hipotese

Les 11: Bou van die manlike en vroulike voortplantingstelsels

Les 12: Puberteit en Gametogenese

Les 13: Menstruele siklus (deel 1)

Les 14: Menstruele siklus (deel 2)

Les 15: Bevrugting en ontwikkeling van sigoot tot blastosist

Les 16: Inplanting, gestasie en die rol van die plasenta

FISIESE WETENSKAPPE

Les 7: Faktore wat chemiese ewewigte beïnvloed

Les 8: Chemiese ewewigte en grafieke

Les 9: Toepassings van chemiese ewewigte in die nywerheid

Les 10: Drywing

Les 11: Sure en basisse

Les 12: Sure en basissse: pH

Les 13: Sure en basisse: titrasies

Les 14: Newton se wette

Les 15: Elektrostatika

Les 16: Stroombane

WISKUNDIGE GELETTERDHEID:

Les 1: Meting: Tyd en temperatuur

Les 2: Banksake

Les 3: Rente

Les 4: Inflasie

Les 5: Wisselkoers en herleiding

Les 6: Omskakeling tussen eenhede

Les 7: Oppervlakte, omtrek, volume (deel 1)

Les 8: Oppervlakte, omtrek, volume (deel 2)

Les 9: Skaal, kaarte en planne (deel 1)

Les 10: Modelle

BESIGHEIDSTUDIES

Les 1: Versekering

Les 2: Beginsels van versekering

Les 3: Beleggingsekuriteite (Deel 1)

Les 4: Beleggingsekuriteite (Deel 2)

Les 5: Leierskap en bestuur

Les 6: KSV en KSB of KSI

Les 7: Spanwerk (Deel 1)

Les 8: Spanwerk-konflik (Deel 2)

Les 9: Kwaliteit (Deel 1)

Les 10: Kwaliteit (Deel 2)

Wanneer kan jy watter lesse op Netwerk24 volg?

Die lesse sal elke dag op Netwerk24 en YouTube beskikbaar wees.

Maandag, 20 April

Afrikaans Huistaal: Les 7

Engels (eerste addisionele taal): Les 7

Wiskunde: Les 7

Rekeningkunde: Les 7

Lewenswetenskappe: Les 7

Fisiese Wetenskappe: Les 7

Wiskundige Geletterdheid: Les 1

Besigheidstudies: Les 1

Dinsdag, 21 April

Afrikaans Huistaal: Les 8

Engels (eerste addisionele taal): Les 8

Wiskunde: Les 8

Rekeningkunde: Les 8

Lewenswetenskappe: Les 8

Fisiese Wetenskappe: Les 8

Wiskundige Geletterdheid: Les 2

Besigheidstudies: Les 2

Woensdag, 22 April

Afrikaans Huistaal: Les 9

Engels (eerste addisionele taal): Les 9

Wiskunde: Les 9

Rekeningkunde: Les 9

Lewenswetenskappe: Les 9

Fisiese Wetenskappe: Les 9

Wiskundige Geletterdheid: Les 3

Besigheidstudies: Les 3

Donderdag, 23 April

Afrikaans Huistaal: Les 10

Engels (eerste addisionele taal): Les 10

Wiskunde: Les 10

Rekeningkunde: Les 10

Lewenswetenskappe: Les 10

Fisiese Wetenskappe: Les 10

Wiskundige Geletterdheid: Les 4

Besigheidstudies: Les 4

Vrydag, 24 April

Afrikaans Huistaal: Les 11

Engels (eerste addisionele taal): Les 11

Wiskunde: Les 11

Rekeningkunde: Les 11

Lewenswetenskappe: Les 11

Fisiese Wetenskappe: Les 11

Wiskundige Geletterdheid: Les 5

Besigheidstudies: Les 5

Maandag, 27 April

Afrikaans Huistaal: Les 12

Engels (eerste addisionele taal): Les 12

Wiskunde: Les 12

Rekeningkunde: Les 12

Lewenswetenskappe: Les 12

Fisiese Wetenskappe: Les 12

Wiskundige Geletterdheid: Les 6

Besigheidstudies: Les 6

D insdag, 28 April

Afrikaans Huistaal: Les 13

Engels (eerste addisionele taal): Les 13

Wiskunde: Les 13

Rekeningkunde: Les 13

Lewenswetenskappe: Les 13

Fisiese Wetenskappe: Les 13

Wiskundige Geletterdheid: Les 7

Besigheidstudies: Les 7

Woensdag, 29 April

Afrikaans Huistaal: Les 14

Engels (eerste addisionele taal): Les 14

Wiskunde: Les 14

Rekeningkunde: Les 14

Lewenswetenskappe: Les 14

Fisiese Wetenskappe: Les 14

Wiskundige Geletterdheid: Les 8

Besigheidstudies: Les 8

Donderdag, 30 April

Afrikaans Huistaal: Les 15

Engels (eerste addisionele taal): Les 15

Wiskunde: Les 15

Rekeningkunde: Les 15

Lewenswetenskappe: Les 15

Fisiese Wetenskappe: Les 15

Wiskundige Geletterdheid: Les 9

Besigheidstudies: Les 9

Vrydag 1 Mei

Afrikaans Huistaal: Les 16

Engels (eerste addisionele taal): Les 16

Wiskunde: Les 16

Rekeningkunde: Les 16

Lewenswetenskappe: Les 16

Fisiese Wetenskappe: Les 16

Wiskundige Geletterdheid: Les 10

Besigheidstudies: Les 10

Is daar enige ekstra hulpbronne?

Die onderwyser se voorlegging sal saam met die les beskikbaar wees op Netwerk24.

Enige verdere vrae?

Stuur ’n e-pos aan myskool@netwerk24.com

Meer oor:  Matrieks  |  Netwerk24
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.