Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
Blitsbrein Junior: Hier is die wenners!
Blitsbrein Junior

Leerlinge van oor die land heen het mekaar vanjaar die stryd aangesê om as algemenekennis-boffin aangewys te word.

Netwerk24, in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad, het vanjaar vir die eerste keer die algemenekennis-kompetisie Blitsbrein Junior aangebied.

Leerlinge kon in twee kategorieë deelneem, naamlik gr. 8 en gr. 9, asook gr. 10 en gr. 11.

Benjamin Roelofse (gr. 10) van die Hoërskool D.F. Malan in Bellville het gr. 11-leerlinge uitgestof en is as die wenner van die senior kategorie aangewys.

Joshuan du Toit (gr. 9) van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria het die junior kategorie van die kompetisie gewen.

Jong mense en wat hulle vir Suid-Afrika en die toekoms kan bied, is geweldig belangrik vir Netwerk24.
Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24

“Jong mense en wat hulle vir Suid-Afrika en die toekoms kan bied, is geweldig belangrik vir Netwerk24,” sê Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24.

“Ons is verheug oor die hoeveelheid inskrywings wat ons van oral gekry het en dat skole en leerlinge die waarde van algemene kennis besef. Hoe meer jy immers jou kennis oor ’n wye verskeidenheid van onderwerpe uitbrei, hoe beter kan jy verbande raaksien, hoe beter raak jou besluitnemingsvermoë en begrip van die wêreld waarin jy funksioneer.”

Sommige finaliste staan boonop die kans om genooi te word om deel te neem aan Blitsbrein Junior, ’n splinternuwe vasvraprogram vir skole, wat op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai gaan word. Die deelnemers aan dié program sal binnekort op Netwerk24 aangekondig word.

Prysgeld

Die nasionale prysgeld vir albei kategorieë is:

  • 1ste plek: R20 000 (R10 000 elk vir die leerling en die skool)
  • 2de plek: R15 000 (R7 500 elk vir die leerling en die skool)
  • 3de plek: R10 000 (R5 000 elk vir die leerling en die skool)

Die provinsiale prysgeld vir albei kategorieë is:

  • 1ste plek: R5 000 vir die leerling
  • 2de plek: R3 000 vir die leerling
  • 3de plek: R2 000 vir die leerling

As ’n leerling ’n nasionale prys gekry het, kwalifiseer hy/sy nie vir die provinsiale prysgeld nie.

Die 60 top-finaliste het ook elkeen R1 000 gewen.

Kategorie: Gr. 10 en gr. 11

Nasionale wenners

1ste plek

Benjamin Roelofse (gr. 10), Hoërskool D.F. Malan in Bellville.

Benjamin Roelofse (gr. 10), Hoërskool D.F. Malan i

2de plek

Almè Hugo (gr. 11), Hoërskool Zwartkop in Centurion.

Almè Hugo (gr.?11), Hoërskool Zwartkop in Centurio

3de plek

Colin Boshoff (gr. 11), Waterbergskool vir CVO in Nylstroom.

Colin Boshoff (gr.?11), Waterbergskool vir CVO in

Gautengse wenners

1ste plek

Almè Hugo (gr. 11), Hoërskool Zwartkop in Centurion.

Almè Hugo (gr.?11), Hoërskool Zwartkop in Centurio

2de plek

Colin Boshoff (gr. 11), Waterbergskool vir CVO in Nylstroom.

Colin Boshoff (gr.?11), Waterbergskool vir CVO in

3de plek

Jan-Dré Mitchell (gr. 10), Hoërskool Rustenburg.

Jan-Dré Mitchell (gr.?10), Hoërskool Rustenburg

Vrystaatse wenners

1ste plek

Solomon Litlhakanyane (gr. 10), Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein.

Solomon Litlhakanyane (gr. 10), Hoërskool Jim Fouc

2de plek

Jaano de Bruin (gr. 10), Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein.

Jaano de Bruin (gr. 10), Hoërskool Jim Fouché in B

3de plek

Lisa Reblin (gr. 11), Hoër Meisieskool Eunice in Bloemfontein.

Lisa Reblin (gr. 11), Hoër Meisieskool Eunice in B

Wes-Kaapse wenners

1ste plek

Benjamin Roelofse (gr. 10), Hoërskool D.F. Malan in Bellville.

Benjamin Roelofse (gr. 10), Hoërskool D.F. Malan i

2de plek

Zahn Marais (gr. 11), Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch.

Zahn Marais (gr. 11), Hoër Meisieskool Bloemhof in

3de plek

Jean van Schalkwyk (gr. 11), Hoërskool D.F. Malan in Bellville.

Jean van Schalkwyk (gr. 11), Hoërskool D.F. Malan

Kategorie: Gr. 8 en gr. 9

Nasionale wenners

1ste plek

Joshuan du Toit (gr. 9), Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.

Joshuan du Toit (gr. 9), Afrikaanse Hoër Seunskool

2de plek

Markus Nel (gr. 9), Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.

Markus Nel (gr. 9), Afrikaanse Hoër Seunskool in P

3de plek

Richard Kunneke (gr. 9), Hoërskool Brandwag in Uitenhage.

Richard Kunneke (gr. 9), Hoërskool Brandwag in Des

Gautengse wenners

1ste plek

Joshuan du Toit (gr. 9), Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.

Joshuan du Toit (gr. 9), Afrikaanse Hoër Seunskool

2de plek

Markus Nel (gr. 9), Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.

Markus Nel (gr. 9), Afrikaanse Hoër Seunskool in P

3de plek

Duan Ruthenberg (gr. 9), Hoërskool Jeugland in Kempton Park.

Duan Ruthenberg (gr. 9), Hoërskool Jeugland in Kem

Vrystaatse wenners

1ste plek

Aron Alvarez Aranda (gr. 9), Grey-Kollege in Bloemfontein.

Aron Alvarez Aranda (gr. 9), Grey-Kollege in Bloem

2de plek

Corlia van Zyl (gr. 9), Afrikaanse Hoërskool Kroonstad.

Corlia van Zyl (gr. 9), Afrikaanse Hoërskool Kroon

3de plek

Dirk Hugo (gr. 9), Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein.

Dirk Hugo (gr. 9), Hoërskool Jim Fouché in Bloemfo

Wes-Kaapse wenners

Leerlinge van die Oos-Kaap wat ingeskryf het, word in die Wes-Kaapse lys van pryswenners ingesluit.

1ste plek

Richard Kunneke (gr. 9), Hoërskool Brandwag in Uitenhage.

Richard Kunneke (gr. 9), Hoërskool Brandwag in Des

2de plek

Justin Cowley (gr. 9), Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch.

Justin Cowley (gr. 9), Paul Roos Gimnasium in Stel

3de plek

Jan-Hendrik du Toit (gr. 9), Hoër Jongenskool Paarl.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.