Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
Blitsbreine word vereer
Skolenuuskompetisie

Netwerk24, in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad, het vanjaar vir die eerste keer Blitsbrein Junior, ’n algemene kennis-kompetisie vir leerlinge, aangebied.

Die wenners van dié kompetisie is onlangs by drie prysuitdelings in Kaapstad, Bloemfontein en Centurion vereer.

Leerlinge kon in twee afdelings inskryf, naamlik die kategorie vir leerlinge in gr. 8 en 9 of in die kategorie vir leerlinge in gr. 10 en 11. 847 leerlinge het aan die kompetisie deelgeneem.

Die eerste ronde van die kompetisie het bestaan uit 80 vrae en leerlinge het 35 minute gehad om soveel moontlik vrae korrek te beantwoord.

Ná die uitdunronde is 60 finaliste genooi na die finale ronde in die verskillende streke (20 finaliste per streek). Die eindronde het bestaan uit 100 vrae.

Wat verstommend was, is hoe vinnig die finaliste die vrae beantwoord het. Hulle het soos blits deur die vrae gevlieg.

“Wat verstommend was, is hoe vinnig die finaliste die vrae beantwoord het. Hulle het soos blits deur die vrae gevlieg,” sê Rikus van Rooy van Cum Laude Media, wat die projek vir Netwerk24 bestuur het.

“Benjamin Roelofse van die Hoërskool DF Malan, die wenner van die afdeling vir leerlinge in gr. 10 en 11, het net 23 minute geneem om die 100 vrae te beantwoord, terwyl die wenner van die afdeling vir leerlinge in gr. 8 en 9, Joshuan du Toit van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, die vrae in net 20 minute voltooi het.”

Leerlinge wat deurgegaan het na die eindronde van Blitsbrein Junior het ook in aanmerking gekom om aan die televisieprogram met dieselfde naam deel te neem. Die opnames is in die September-vakansie in die Kaap gedoen. Blitsbrein Junior word deur Pietie Beyers aangebied en gaan in Januarie 2020 op VIA (kanaal 147) uitgesaai word. Die eerste episode is Maandag, 6 Januarie, om 18:00.

Hier is die wenners:

Wes-Kaap: Gr.8 en -9

Richard Kunneke van die Hoërskool Brandwag in die Oos-Kaap het ’n eerste plek in die provinsie en ’n derde plek nasionaal behaal. Saam met hom is Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24. Foto: Nardus Engelbrecht
Justin Cowley van Paul Roos Gimnasium het ’n tweede plek in die provinsie en ’n vierde plek nasionaal behaal. Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24, het die prys oorhandig. Foto: Nardus Engelbrecht
In die derde plek in die Wes-Kaap en in die sesde plek nasionaal is Jan-Hendrik du Toit van die Hoër Jongenskool Paarl. By hom is Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24.Foto: Nardus Engelbrecht
Henco Kruger van die Hoërskool Piketberg het ’n vierde plek in die provinsie en ’n sewende plek nasionaal behaal. Saam met hom is Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24. Foto: Nardus Engelbrecht
In die vyfde plek in die Wes-Kaap en in die agtste plek nasionaal is Liam Fourie van die Hoërskool DF Malan in Bellville. Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24, het die prys oorhandig.Foto: Nardus Engelbrecht
Samuel de Wet van die Hoërskool Stellenbosch het ’n sesde plek in die Wes-Kaap behaal. By hom is Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24.Foto: Nardus Engelbrecht
In die sewende plek in die Wes-Kaap is Samuel Roesch van die Hoërskool Namakwaland. Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24, het die prys oorhandig.Foto:Nardus Engelbrecht

Gauteng: Gr.8 en -9

Joshuan du Toit van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria het ’n eerste plek in Gauteng behaal en is ook aangewys as die landwye wenner. Barnard Beukman, redakteur van Beeld, het die prys aan hom oorhandig. Foto: Martin de Kock
In die tweede plek in die provinsie en ook in die land is Markus Nel van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria. Barnard Beukman, redakteur van Beeld, het die prys oorhandig. Foto: Martin de Kock
Die Hoërskool Jeugland in Kempton Park se Duan Ruthenberg het ’n derde plek in die provinsie en ’n negende plek nasionaal behaal. Barnard Beukman, redakteur van Beeld, het die prys aan hom oorhandig. Foto: Martin de Kock
In die vierde plek in die provinsie en die tiende plek in die land is Alexander Kruger van die Hoërskool Garsfontein. By hom staan Barnard Beukman, redakteur van Beeld. Foto: Martin de Kock
Stephan de Souza van die Hoërskool Linden in Johannesburg het die vyfde plek in Gauteng behaal. Barnard Beukman, redakteur van Beeld, het die prys oorhandig. Foto: Martin de Kock
In die sesde plek in Gauteng is Annalette du Plessis van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria. By haar staan Barnard Beukman (links), redakteur van Beeld. Foto: Martin de Kock
In die sewende plek in Gauteng is Arnold Dippenaar van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria. By hom staan Barnard Beukman, redakteur van Beeld.Foto: Martin de Kock

Vrystaat: Gr.8 en-9

Aron Alvarez Aranda van Grey Kollege in Bloemfontein het die eerste plek in die Vrystaat en die vyfde plek nasionaal verwerf. Gert Coetzee (regs), redakteur van Volksblad, het die prys aan hom oorhandig. Foto: Stephen Collett
In die tweede posisie in die provinsie is Corlia van Zyl van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad. By haar staan Gert Coetzee, redakteur van Volksblad. Foto: Stephen Collett
Dirk Hugo van die Hoërskool Jim Fouché het ’n derde plek in die Vrystaat behaal. Gert Coetzee, redakteur van Volksblad, het die prys oorhandig. Foto: Stepehen Collett
Marko Oelofse van die Hoërskool Jim Fouché het ’n vierde plek in die provinsie behaal. By hom staan Gert Coetzee, redakteur van Volksblad.Foto: Stephen Collett
In die sesde plek in die Vrystaat is Christian Viljoen van Grey Kollege. Gert Coetzee, redakteur van Volksblad, het die prys aan hom oorhandig. Foto: Stephen Collett
In die sewende plek in die Vrystaat is Willem Boshoff van die Volkskool Orania. By hom staan Gert Coetzee, redakteur van Volksblad. Foto: Stephen Collett

Wes-Kaap: Gr.10 en -11

In die eerste plek in die Wes-Kaap en ook in die land is Benjamin Roelofse van die Hoërskool DF Malan. Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24, het die prys oorhandig. Foto: Nardus Engelbrecht
Zahn Marais van die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch het die tweede plek in die Wes-Kaap en die vierde plek nasionaal behaal. By haar is Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24.Foto: Nardus Engelbrecht
In die vierde plek in die Wes-Kaap en die agtste plek nasionaal is Theunis Jordaan van die HTS Drostdy in Worcester. Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24, het die prys aan hom oorhandig. Foto: Nardus Engelbrecht
In die vyfde plek in die Wes-Kaap en in die negende plek nasionaal is Francois Theron van die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24, het die prys oorhandig. Foto: Nardus Engelbrecht
Arnold Hattingh van die Hoërskool DF Malan is in die agtste plek in die Wes-Kaap. By hom is Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24.Foto: Nardus Engelbrecht
In die negende posisie in die Wes-Kaap is Grant Campbell van die Hoërskool Outeniqua in George. By hom is Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24.Foto: Nardus Engelbrecht

In die tiende posisie in die Wes-Kaap is Christopher de Villiers van die Hoërskool Brackenfell. By hom is Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24.Foto: Nardus Engelbrecht

Gauteng: Gr.10 en -11

Almé Hugo van die Hoërskool Zwartkop in Centurion is in die eerste plek in Gauteng en in die tweede plek nasionaal. Barnard Beukman, redakteur van Beeld, het die prys aan haar oorhandig. Foto: Martin de Kock
In die tweede plek in die provinsie en die derde plek nasionaal is Colin Boshoff van die Waterbergskool. By hom is Barnard Beukman, redakteur van Beeld. Foto: Martin de Kock
Die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria se Geordan Beattie het ’n vierde plek in die provinsie en ’n sesde plek nasionaal behaal. Hy ontvang sy prys by Barnard Beukman, redakteur van Beeld. Foto: Martin de Kock
In die sesde plek in Gauteng is Juané Geldenhuys van die Hoërskool Oos-Moot in Pretoria. By haar is Barnard Beukman, redakteur van Beeld. Foto: Martin de Kock
Rouxan Potgieter van Eduplex is sewende in die provinsie. Barnard Beukman, redakteur van Beeld, het die prys aan hom oorhandig. Foto: Martin de Kock
In die negende plek in die provinsie is Michelle Stone van die Hoërskool Oos-Moot in Pretoria. Barnard Beukman, redakteur van Beeld, het die prys oorhandig.Foto: Martin de Kock

Vrystaat: Gr.10 en -11

In die eerste plek in die Vrystaat is Solomon Litlhakanyane van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein. By hom staan Gert Coetzee, redakteur van Volksblad. Foto: Stephen Collett
Jaano de Bruin van die Hoërskool Jim Fouché het die tweede plek in die Vrystaat behaal. Saam met hom is Gert Coetzee, redakteur van Volksblad. Foto: Stephen Collett
In die derde plek in die Vrystaat is Lisa Reblin van die Eunice High School in Bloemfontein. Sy het haar prys ontvang by Gert Coetzee, redakteur van Volksblad. Foto: Stephen Collett
Die Eunice High School in Bloemfontein se Alanis Alvarez Aranda het die vierde plek in die provinsie gewen. Saam met haar is Gert Coetzee, redakteur van Volksblad. Foto: Stephen Collett
In die tiende plek in die Vrystaat is Sonri Mare van die Hoërskool Bultfontein. Gert Coetzee, redakteur van Volksblad, het die prys oorhandig. Foto: Stephen Collett

Meer oor:  Blitsbrein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.