Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
En die wenners van Blitsbrein Junior is...

’n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.

“Blitsbrein Junior bied ’n wye verskeidenheid algemenekennisvrae in ’n tydsensitiewe omgewing. Die meerkeusevrae dek allerhande onderwerpe van nuus tot sport. Dis regtig ’n lekker uitdaging om hoërskoolleerlinge se algemene kennis te toets,” sê Anika Pieterse van Netwerk24.

Sy voeg by dat vanjaar se uitdagings weens die Covid-19-pandemie die kompetisie genoodsaak het om ten volle aanlyn te gaan.

Hier is die wenners:

Afdeling vir leerlinge in gr. 8 en 9

Eerste plek: Ewan Basson (gr. 9) van Helpmekaar Kollege.

Tweede plek: Susan Bender (gr. 8) van die Hoërskool Voortrekker.

Derde plek: Juané Oosthuizen (gr. 9) van die Hoërskool Nico Malan.

Afdeling vir leerlinge in gr. 10 en 11

Eerste plek: Kenneth Jansen (gr. 10) van die Hoër Jongenskool Paarl.

Tweede plek: Aron Alvarez Aranda (gr. 10) van Grey Kollege.

Derde plek: Markus Nel (gr. 10) van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

Hier is die provinsiale wenners:

Wes-Kaap: Gr. 8 en 9

1. Juané Oosthuizen (gr. 9) van die Hoërskool Nico Malan.

2. Peet Karsten (gr. 8) van die Hoërskool Jan van Riebeeck.

3.Etienne Toerien (gr. 8) van die Rondebosch Boys’ High School.

Wes-Kaap: Gr. 10 en -11

1. Kenneth Janson (gr. 10) van die Hoër Jongenskool Paarl.

2. Jan-Hendrik du Toit (gr. 10) van die Hoër Jongenskool Paarl.

3. Liam Fourie (gr. 10) van die Hoërskool D.F. Malan.

Vrystaat: Gr. 8 en -9

1. Susan Bender (gr. 8) van die Hoërskool Voortrekker.

2. Elke Du Plessis (gr. 9) van Eunice Girls’ School.

3. Jaco Du Plessis (gr. 8) van die Grey Kollege Sekondêre Skool.

Vrystaat: Gr. 10 en 11

1. Aron Alvarez Aranda (gr. 10) van Grey Kollege.

2. Coenie Dowling (gr. 11) van die Hoërskool Witteberg.

3. Solomon Litlhakanyane (gr. 10) van die Hoërskool Jim Fouché.

Gauteng: Gr. 8 en 9

1. Ewan Basson (gr. 9) van Helpmekaar Kollege.

2. Josua Markram (gr. 8) van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

3. Charl Janse van Rensburg (gr. 8) van die Hoërskool Tuine.

Gauteng: Gr. 10 en 11

1. Markus Nel (gr. 10) van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

2. Joshuan du Toit (gr. 10) van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

3. Pedran Wessels (gr. 11) van die Pretoria Boys’ High School.

Meer oor:  Blitsbrein  |  Blitsbrein Junior
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.