Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
Geluk aan ons wiskunde-slimkoppe!

Netwerk24 se wiskundekompetisie gaan van krag tot krag.

Dié kompetisie, wat in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad aangebied word, het vanjaar 4 200 inskrywings ontvang, wat dit die grootste Afrikaanse aanlyn wiskundekompetisie in die land maak.

Vanjaar se wenners is onlangs op drie prysuitdelings in onderskeidelik Kaapstad, Bloemfontein en Centurion vereer.

Die wiskundekompetisie is ook vanjaar vir die eerste keer na laerskole uitgebrei. Leerlinge kon vir twee afdelings inskryf: gr. 10- tot gr. 12-leerlinge en gr. 6- en gr. 7-leerlinge.

Goeie wiskundepunte is immers ’n vereiste om in rigtings soos ingenieurswese en programmering te studeer. Dis vakrigtings waarin ons ’n ernstige tekort aan gekwalifiseerdes het.

“Wiskunde as vak is van kritieke belang vir leerlinge se loopbane, maar ook vir ons land in sy geheel,” het Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, op die prysuitdeling in Kaapstad gesê. Die Burger het die wiskundekompetisie in 2017 begin voordat dit later ’n nasionale kompetisie  in samewerking met Netwerk24, Beeld en Volksblad geword het.

“Goeie wiskundepunte is immers ’n vereiste om in rigtings soos ingenieurswese en programmering te studeer. Dis vakrigtings waarin ons ’n ernstige tekort aan gekwalifiseerdes het. Veral met die vierde nywerheidsrevolusie is dit ’n leemte wat aandag moet kry. Dat ons deur ons lesersgemeenskap, en veral in Afrikaans, ’n verskil kan maak, is vir ons ’n voorreg.”

Die mededinging in die kompetisie was besonders straf. Vanjaar het twee leerlinge 100% behaal in die kategorie vir gr. 10- tot gr. 12-leerlinge met net 40 sekondes wat Adri Wessels van Curro Durbanville (eerste plek) en Emil van der Walt van die Hoërskool Jan van Riebeeck (tweede plek), albei in Kaapstad, van mekaar geskei het.

In die kategorie vir gr. 6- en gr. 7-leerlinge het Andries Jacobus van der Walt van die Jim Fouché Primêre Skool (Bloemfontein) die eerste plek in die Vrystaat en tweede plek nasionaal behaal. Hy het die vraestel in 14 minute en vier sekondes voltooi en 93% behaal.

Hier is die wenners:

Wes-Kaap: Gr.6 en -7

In die eerste plek in die Wes-Kaap en ook die nasionale wenner is Mia Grabe van die Laerskool Kenridge in Kaapstad. Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24, het die prys oorhandig. Foto: Nardus Engelbrecht
Etienne Toerien van Rondebosch Boys’ Preparatory School in Kaapstad het die derde plek in die Wes-Kaap en die agtste plek nasionaal behaal. By hom staan Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24. Foto: Nardus Engelbrecht
In die vyfde plek in die Wes-Kaap is Jana van Rooyen van die Laerskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24 het die prys aan haar oorhandig.Foto: Nardus Engelbrecht
Alet Hitge van die Laerskool Jan van Riebeeck in Kaapstad het ’n sewende plek in die Wes-Kaap behaal. By haar is Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24. Foto: Nardus Engelbrecht
Marize de Bryne van die Laerskool Gene Louw het die negende plek in die Wes-Kaap behaal. Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24, het die prys oorhandig. Foto: Nardus Engelbrecht
Gerda du Toit van die Laerskool Eikestad het ’n tiende plek in die Wes-Kaap behaal. Saam met haar is Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24. Foto: Nardus Engelbrecht

Gauteng: Gr.6 en -7

In die eerste plek in die provinsie en derde in die land (laerskole) is Dylan Rodi van die Midstream College Primêre Skool, Centurion. Barnard Beukman, redakteur van Beeld, het die prys aan hom oorhandig. Foto: Martin de Kock
In die derde plek in Gauteng en die negende plek nasionaal is Darius Barnard van die Laerskool P.A.M. Brink in Springs. By hom is Barnard Beukman, redakteur van Beeld. Foto: Martin de Kock
Karo Bekker van die Laerskool Fairland, Randburg, het die vierde plek in Gauteng behaal en ook die tiende plek nasionaal. By haar is Barnard Beukman, redakteur van Beeld. Foto: Martin de Kock
Adriaan Mostert van die Laerskool Fontainebleau, Randburg, het die sewende plek in Gauteng behaal. Barnard Beukman, redakteur van Beeld, het die prys aan hom oorhandig. Foto: Martin de Kock

Vrystaat: Gr.6 en -7

In die eerste plek in die Vrystaat en tweede in die land is Andries Jacobus van der Walt van die Jim Fouché Primêre Skool in Bloemfontein. By hom staan Gert Coetzee, redakteur van Volksblad.Foto: Stephen Collett
In die vierde plek in die Vrystaat is Chris Goosen van Grey Kollege Primêr. Saam met hom is Gert Coetzee, redakteur van Volksblad. Foto: Stephen Collett
Christian Strydom van die Jim Fouché Primêre Skool in Bloemfontein is vyfde in die Vrystaat. Gert Coetzee, redakteur van Volksblad, het die prys oorhandig. Foto: Stephen Collett
In die sewende plek in die Vrystaat is Willie van Zyl van die Welkom Volkskool. Gert Coetzee, redakteur van Volksblad, het die prys oorhandig. Foto: Stephen Collett
Fichardtpark Primêre Skool in Bloemfontein se Lindsey Neveling het die agtste plek in die Vrystaat behaal. Sy het haar prys by Gert Coetzee, redakteur van Volksblad, ontvang. Foto: Stephen Collett

Wes-Kaap: Gr.10 tot -12

In die eerste plek in die Wes-Kaap en ook die nasionale wenner is Adri Wessels van Curro Durbanville in Kaapstad. By hom is Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24. Foto: Nardus Engelbrecht
In die derde plek in die Wes-Kaap en ook nasionaal is Danielle Kleyn van die Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes. Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24, het die prys oorhandig. Foto: Nardus Engelbrecht
Jean Weight van Curro Hermanus het ’n vierde plek in die Wes-Kaap en ook in die land behaal. By hom is Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24. Foto: Nardus Engelbrecht
In die vyfde plek in die Wes-Kaap en ook in die land is Annekin Meyburgh van die Hoërskool Bellville, Kaapstad. Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, en Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24, het die prys aan hom oorhandig. Foto: Nardus Engelbrecht

Gauteng: Gr.10 tot-12

In die eerste plek in Gauteng en in die negende plek in die land is Kgaogelo Bopape van die Horizon International School, Johannesburg. Barnard Beukman, redakteur van Beeld, het die prys aan hom oorhandig. Foto: Martin de Kock
Die Hoërskool Rustenburg se Aldo van der Berg het die tweede plek in Gauteng (wat Noordwes insluit) behaal. Barnard Beukman, redakteur van Beeld, het die prys oorhandig. Foto: Martin de Kock
In die derde plek in Gauteng is AD Kotze van die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria. By hom is Barnard Beukman, redakteur van Beeld. Foto: Martin de Kock
Michael Dreeckmeier van die Hoërskool Waterkloof, Pretoria, het die sewende posisie in Gauteng verwerf. Hy ontvang sy prys van Barnard Beukman, redakteur van Beeld. Foto: Martin de Kock
In die agtste plek in Gauteng is Cassie Pelser van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria. By hom is Barnard Beukman, redakteur van Beeld. Foto: Martin de Kock
In die tiende plek in Gauteng is Adriaan van Wyk van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria. Hy ontvang sy prys van Barnard Beukman, redakteur van Beeld. Foto: Martin de Kock

Vrystaat: Gr.10 tot -12

Handré Venter van die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein het die tweede plek in die Vrystaat behaal. Saam met hom is Gert Coetzee, redakteur van Volksblad. Foto: Stephen Collett
In die derde plek in die Vrystaat is Alanis Alvarez van Eunice High School in Bloemfontein. Saam met haar is Gert Coetzee, redakteur van Volksblad. Foto: Stephen Collett
Hanru du Toit van die Hoërskool Sandveld in Wesselsbron het die vierde plek in die Vrystaat behaal. Gert Coetzee, redakteur van Volksblad, het die prys oorhandig. Foto: Stephen Collett
In die sesde plek in die Vrystaat is Ettienne Botes van die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein. Saam met hom is Gert Coetzee, redakteur van Volksblad. Foto: Stephen Collett
In die sewende plek in die Vrystaat is Jeanine Louw van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein. Gert Coetzee, redakteur van Volksblad, het die prys oorhandig. Foto: Stephen Collett
Christine Rossouw van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein het die negende plek in die Vrystaat behaal. Sy ontvang haar prys by Gert Coetzee, redakteur van Volksblad. Foto: Stephen Collett

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.