Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
SKOLENUUS: Groot pryse op die spel!
Skolenuuskompetisie

Alle skole, kyk bietjie hier!

Groot pryse is op die spel in Netwerk24 se skolenuuskompetisie.

Netwerk24 bied vanjaar in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad 'n landwye skolenuuskompetisie aan. 

"Skolejoernalistiek was nog altyd vir die Afrikaanse dagblaaie en nou ook vir Netwerk24 baie belangrik," sê Anika Marais, hoof van spesiale projekte by Netwerk24. "Die meeste joernaliste het hul loopbane reeds op skool by hul skoolkoerant begin. Dit is 'n wonderlike plek om die joernalistiek te ontdek. Ons is daarom baie opgewonde om vir die destydse skoolkoerantkompetisie 'n nuwe digitale baadjie aan te trek."

Waar skole voorheen net hul skoolkoerante kon inskryf, kan hulle nou ook in digitale kategorieë vir die kompetisie inskryf. "Nie net gaan ons beoordeel watter skool die beste gedrukte skoolkoerant het nie, maar stel ons ook belang in digitale skoolkoerante," sê Marais. "Ons sien daarna uit om gehalte-inskrywings van dwarsoor die land te ontvang!"

Die kompetisie begin op 4 Maart om 08:00 en sluit op 14 Oktober om middernag. Alle inskrywings moet dus tussen die eerste en derde skoolkwartaal van 2019 in die gedrukte of aanlyn weergawe van 'n skoolkoerant gepubliseer word.

HOE SKRYF JY IN?

WATTER PRYSGELD IS OP DIE SPEL?

Leerlinge en hul skool kan heerlike prysgeld wen.

Die skool met die beste gedrukte skoolkoerant wen R25 000. Die skool met die beste digitale skoolkoerant kan ook R25 000 losslaan.

Klik hier om te sien watter ander pryse op die spel is.

WAT MOET BY ELKE INSKRYWING INGESLUIT WORD?

  • Onthou om by elke inskrywing 'n inskrywingsvorm en 'n vrywaringsvorm in te sluit.
  • Indien die inskrywing sonder die inskrywingsvorm en die vrywaringsvorm ingedien word, sal dit nie as 'n geldige inskrywing aanvaar word nie.

WAT IS DIE REËLS?

Lees die volledige bepalings en voorwaardes hier.

HET JY NOG VRAE?

Moenie huiwer om ons te kontak nie. Stuur 'n e-pos aan skolenuus@netwerk24.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.