Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
HULP MET WISKUNDE: Netwerk24 bied nou klasse vir gr. 8 tot 10
Wiskunde

Ons weet wiskunde gee baie kinders én ouers ’n hoofpyn. Dis nog meer so tydens die inperking waar ouer en kind hulle vanweë tuisonderrig soms saam voor die boeke afsloof.

Daarom is Netwerk24 hier om te help.

Ons gaan vanaf 1 Junie gratis wiskundelesse vir gr. 8-, gr. 9- en gr. 10-leerlinge aanbied, asook lesse in wiskundige geletterdheid vir gr. 10-leerlinge.

Hoe werk dit?

Netwerk24 het vier onderwysers met bewese ervaring van oor die land heen geïdentifiseer om aanlyn klasse in dié vakke aan te bied.

Elke onderwyser het drie leerlinge van hul skool gekies om aanlyn by die klas in te skakel. Dié drie leerlinge sal regstreeks aan die onderwyser kan vrae stel.

Dié interaktiewe les word dan opgeneem en op Netwerk24 beskikbaar gemaak.

Wat moet jy doen om in te skakel?

Ons gaan die klasse elke dag op Netwerk24 en op YouTube laai. Besoek elke dag Netwerk24 se MySkool-bladsy, ons YouTube-kanaal, Facebook-blad of ons Instagram-blad.

Wie kan almal saam leer?

Enige leerling is welkom om die klasse aanlyn by te woon. Die klasse is nie agter die betaalmuur nie. Jy hoef dus nie ’n intekenaar van Netwerk24 te wees om die klasse by te woon nie. Die klasse gaan vir ’n onbeperkte tyd op Netwerk24 beskikbaar wees. As jy dus ’n les misgeloop het, kan jy maklik later inhaal.

Wie is die onderwysers?

Wiskunde vir gr. 8: Madri Harmse

Madri Harmse
Madri Harmse

Harmse is van die Hoërskool Goudveld in Welkom. Sy het 12 jaar se ondervinding as wiskundeonderwyseres en is ook ’n departementshoof en vakhoof.

Wiskunde vir gr. 9: Christa Nortier

Christa Nortier
Christa Nortier

Nortier is van die Hoërskool Richardsbaai. Sy het ses jaar se ondervinding as onderwyseres.

Wiskunde vir gr. 10: Morné Smit

Morné Smit
Morné Smit

Smit is van die Hoër Volkskool in Potchefstroom. Hy het 18 jaar se ondervinding as onderwyser.

Wiskundige geletterdheid gr. 10: Ansie Postma

Ansie Postma
Ansie Postma

Postma is van die Hoër Volkskool Potchefstroom. Sy het tien jaar se ondervinding in die onderwys.

Waaroor gaan die klasse en wanneer is dit beskikbaar?

Wiskunde vir gr. 8

Maandag 1 Junie

Les 1: Algebraïese uitdrukkings

Dinsdag 2 Junie

Les 2: Algebraïese uitdrukkings

Woensdag 3 Junie

Les 3: Algebraïese uitdrukkings

Donderdag 4 Junie

Les 4: Vergelykings

Vrydag 5 Junie

Les 5: Vergelykings

Maandag 8 Junie

Les 6: Pythagoras

Dinsdag 9 Junie

Les 7: Driehoeke

Woensdag 10 Junie

Les 8: Driehoeke

Donderdag 11 Junie

Les 9: Kongruensie

Vrydag 12 Junie

Les 10: Gelykvormigheid

Maandag 15 Junie

Les 11: Reguitlyne

Dinsdag 16 Junie

Les 12: Vierhoeke

Wiskunde vir gr. 9

Maandag 1 Junie

Les 1: Algebraïese uitdrukkings

Dinsdag 2 Junie

Les 2: Algebraïese uitdrukkings

Woensdag 3 Junie

Les 3: Die stelling van Pythagoras

Donderdag 4 Junie

Les 4: Meetkunde van 2D-voorwerpe: Inleiding tot 2D-voorwerpe en -teorie

Vrydag 5 Junie

Les 5: Meetkunde van 2D-voorwerpe: Driehoeke

Maandag 8 Junie

Les 6: Meetkunde van 2D-voorwerpe: Vierhoeke

Dinsdag 9 Junie

Les 7: Meetkunde van 2D-voorwerpe: Hoeke en lyne

Woensdag 10 Junie

Les 8: Meetkunde van 2D-voorwerpe: Ewewydige lyne

Donderdag 11 Junie

Les 9: Gelykvormigheid en kongruensie van driehoeke

Vrydag 12 Junie

Les 10: Omtrek en oppervlakte van vierkante, reghoeke en driehoeke

Maandag 15 Junie

Les 11: Omtrek en oppervlakte van sirkels, halfsirkels, kwart- en driekwart-sirkels

Dinsdag 16 Junie

Les 12: Omtrek en oppervlakte van ’n ruit, parallelogram, vlieër en trapesium

Wiskunde vir gr. 10

Maandag 1 Junie

Les 1: Analitiese meetkunde (afstandformule)

Dinsdag 2 Junie

Les 2: Analitiese meetkunde (middelpuntformule)

Woensdag 3 Junie

Les 3: Analitiese meetkunde (gradiënte van lynstukke)

Donderdag 4 Junie

Les 4: Trigonometrie (inleiding tot trigonometrie)

Vrydag 5 Junie

Les 5: Trigonometrie (trigonometriese verhoudings deel 1)

Maandag 8 Junie

Les 6: Trigonometrie (trigonometriese verhoudings deel 2)

Dinsdag 9 Junie

Les 7: Trigonometrie (trigonometriese vergelykings)

Woensdag 10 Junie

Les 8: Trigonometrie (2D-probleme)

Donderdag 11 Junie

Les 9: Trigonometrie (trigonometriese grafieke deel 1)

Vrydag 12 Junie

Les 10: Trigonometrie (trigonometriese grafieke deel 2)

Maandag 15 Junie

Les 11: Die reguitlyngrafiek

Dinsdag 16 Junie

Les 12: Die hiperbool

Woensdag 17 Junie

Les 13: Die parabool (deel 1)

Donderdag 18 Junie

Les 14: Die parabool (deel 2)

Vrydag 19 Junie

Les 15: Die eksponensiale grafiek

Wiskundige geletterdheid vir gr. 10

Maandag 1 Junie

Les 1: Verhoudings, koers en omskakelings

Dinsdag 2 Junie

Les 2: Inkomste, uitgawes, wins, verlies, state en begrotings (deel 1)

Woensdag 3 Junie

Les 3: Inkomste, uitgawes, wins, verlies, state en begrotings (deel 2)

Donderdag 4 Junie

Les 4: Rente, banksake, lenings en beleggings (deel 1)

Vrydag 5 Junie

Les 5: Rente, banksake, lenings en beleggings (deel 2)

Maandag 8 Junie

Les 6: Tyd en tydroosters

Dinsdag 9 Junie

Les 7: Meting van lengte, massa, volume en temperatuur

Woensdag 10 Junie

Les 8: Oppervlakte, omtrek, buite-oppervlakte en volume (deel 1)

Donderdag 11 Junie

Les 9: Oppervlakte, omtrek, buite-oppervlakte en volume (deel 2)

Vrydag 12 Junie

Les 10: Kaarte, planne en skaalwerk

Maandag 15 Junie

Les 11: Monteringsaanwysings en -modelle

Dinsdag 16 Junie

Les 12: Datahantering (deel 1)

Woensdag 17 Junie

Les 13: Datahantering (deel 2)

Donderdag 18 Junie

Les 14: Voorstelling en analisering van data

Vrydag 19 Junie

Les 15: Waarskynlikheid en voorspelling

Is daar enige ekstra hulpbronne?

Die onderwyser se voorlegging sal saam met die les beskikbaar wees op Netwerk24.

Enige verdere vrae?

Stuur ’n e-pos aan myskool@netwerk24.com.

Meer oor:  Myskool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.