Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
Is jy Netwerk24 se volgende Blitsbrein Junior?
Blitsbrein Junior

Nét 23 minute.

Dít is hoe lank dit vir Benjamin Roelofse, ’n leerling aan die Hoërskool DF Malan in Bellville, geneem het om 100 vrae te beantwoord wat sy algemene kennis toets.

Benjamin was verlede jaar die wenner in Netwerk24 se Blitsbrein-kompetisie in die kategorie vir leerlinge in gr. 10 en 11.

Dié kompetisie is in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad aangebied.

“Daar bestaan ’n wanopvatting dat jongmense nie in die nuus belangstel nie,” sê Anika Pieterse, redaksionele bestuurder van spesiale projekte by Netwerk24.

“Ons was ongelooflik beïndruk deur die deelnemers se wye algemene kennis – van sport tot geskiedenis tot popkultuur. Dit is bitter moeilik om hulle vas te vra!”

Daarom nooi Netwerk24 vanjaar weer alle blitsbreine uit om aan dié algemenekennis-kompetisie deel te neem.

Só werk die kompetisie:

  • Leerlinge wat in 2020 in gr. 8, 9, 10 of 11 is, kan aan die kompetisie deelneem.
  • Die vraestel is in Afrikaans.
  • Leerlinge neem in twee kategorieë deel: ’n afdeling vir gr. 8 en 9 asook ’n afdeling vir gr. 10 en 11
  • Die kompetisie bestaan uit twee rondes: ’n Uitdunronde wat aanlyn by skole geskryf word en ’n eindronde wat in die Wes-Kaap, Gauteng en die Vrystaat afgelê sal word.

Só skryf jy in:

  • Sluitingsdatum vir inskrywings is 8 Julie om middernag.
  • Skryf in by www.cumlaudemedia.com
  • Leerlinge kan self registreer of onderwysers kan leerlinge registreer.
  • Registrasie en deelname is gratis.

Belangrike datums:

  • Die uitdunronde vind plaas op 10 Julie vanaf 14:00.
  • Finaliste moet bereid wees om aan die eindronde op 15 Augustus in Kaapstad, Gauteng of die Vrystaat deel te neem. Reis- en verblyfkostes sal vir die finalis se eie rekening wees.
  • Elke finalis in die eindronde ontvang ’n kontantprys van R1 000 asook ’n sertifikaat van deelname.
  • Finaliste moet beskikbaar wees vir een van die volgende prysuitdelingsgeleenthede: 15 September in Kaapstad, of 16 September in Johannesburg of 17 September in Bloemfontein.

Wat kan jy én jou skool wen?

In die kategorie vir gr. 8 en 9-leerlinge (nasionale wenners):

  • 1ste plek: R10 000 (leerling) en R10 000 (skool)
  • 2de plek: R7 500 (leerling) en R7 500 (skool)
  • 3de plek: R5 000 (leerling) en R5 000 (skool)

In die kategorie vir gr. 10- en 11-leerlinge (nasionale wenners):

  • 1ste plek: R10 000 (leerling) en R10 000 (skool)
  • 2de plek: R7 500 (leerling) en R7 500 (skool)
  • 3de plek: R5 000 (leerling) en R5 000 (skool)

Vir meer inligting besoek www.cumlaudemedia.com of e-pos blitsbrein@cumlaudemedia.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.