Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
KYK: Blitsbrein Junior: Dis Affies teen Paul Roos!

Dis Affies teen Paul Roos in Blitsbrein Junior Maandagaand.

In ’n senutergende episode, blaas die Afrikaanse Hoër Seunskool in Paul Roos Gimnasium se nek in die stryd om as Blitsbrein Junior aangewys te word.

Luc van der Veen (16) van die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch gaan Maandagaand die derde week agtereenvolgens sy titel as Blitsbrein Junior verdedig.

Joshuan du Toit van Affies
Joshuan du Toit van Affies.

Maar het hy genoeg energie in die tenk oor om die nuwe bloed van die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) en die Hoërskool DF Malan af te weer?

VIA se vasvraprogram Blitsbrein trek in 2020 ’n jonger baadjie aan en dit is dié keer tyd vir tieners om mekaar die stryd aan te sê.

’n Nuwe episode word elke Maandag om 18:00 op VIA uitgesaai en Pietie Beyers is die aanbieder.

Die leerlinge wat aan dié seisoen deelneem, is almal hoërskoolleerlinge (tussen gr. 8 en gr. 11) wat in 2019 aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie Blitsbrein Junior deelgeneem het. Dié kompetisie is saam met Die Burger, Beeld en Volksblad aangebied.

Luc van der Veen van die Paul Roos Gimnasium.
Luc van der Veen van die Paul Roos Gimnasium.

Vandeesweek kom Luc teen Janike Smith (15) van die Hoërskool DF Malan in Bellville en Joshuan du Toit van Affies te staan.

Joshuan het Netwerk24 se Blitsbrein Junior-kompetisie gewen in die afdeling vir gr. 8- en gr. 9-leerlinge.

“Ek dink ons moet dit net baie probeer geniet, want dis ’n ongelooflike ervaring,” het Joshuan voor die opname gesê.

“Mag die beste persoon wen!”

Janike Smith (15) van die Hoërskool DF Malan in Be
Janike Smith (15) van die Hoërskool DF Malan in Bellville.

Só werk Blitsbrein Junior

Die wenner van elke episode ontvang die titel van Blitsbrein Junior en gaan dan outomaties deur na die tweede episode, waar die titel teen twee nuwe deelnemers verdedig word.

Die ses deelnemers met die meeste punte op die telbord aan die einde van die tiende episode sal tot die halfeindronde deurdring waarna die topdrie in die eindronde teen mekaar te staan gaan kom.

Die wenner van die reeks loop weg met R45 000.

Het jy die vorige episodes van Blitsbrein Junior misgeloop?

  • Klik hier om episode 1 tot 3 op NW24TV te kyk.
  • Episode 4 is op 27 Januarie om 18:00 op VIA, DStv-kanaal 147, te sien.
  • Episode 4 sal ook van 28 Januarie op Netwerk24 onder NW24TV te sien wees.
  • Speel ook elke Dinsdag op Netwerk24 saam om te kyk hoeveel vrae van die episode jy kan reg beantwoord.
Meer oor:  Via  |  Pietie Beyers  |  Blitsbrein  |  Blitsbrein Junior
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.