Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
KYK: Blitsbrein Junior: Gaan Almé haar rekord kan verbeter?

Gaan Almé Hugo (17) van die Hoërskool Zwartkop in Centurion vandeesweek haar rekordtotaal van 40 punte kan verbeter?

Sy kom vandeesweek teen Xander de Jager (16) van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein en Ané Serfontein (15) van die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch te staan.

“Verlede week was baie makliker as die eerste episode,” het Almé gesê.

“Ek was ’n bietjie meer op my gemak en nie so erg gestres nie. Hopelik is hierdie episode ook lekker!”

Almé Hugo

’n Nuwe episode van Blitsbrein Junior word elke Maandag om 18:00 op Via uitgesaai met Pietie Beyers as die aanbieder. Die leerlinge wat aan dié seisoen deelneem, is almal hoërskoolleerlinge (tussen gr. 8 en gr. 11) wat in 2019 aan Netwerk24 se gelyknamige algemene-kennis-kompetisie deelgeneem het. Dié kompetisie is saam met Die Burger, Beeld en Volksblad aangebied.

Ané Serfontein
Xander de Jager

“Ek is mal oor algemene kennis en om nuwe goed te leer,” het Ané voor die episode gesê.

“ ’n Mens kry nie so baie kompetisies wat ’n mens se algemene kennis toets nie, maar noudat daar een is en boonop nog in my moedertaal, is dít is baie lekker.”

Só werk Blitsbrein Junior

Die wenner van elke episode ontvang die titel van Junior Blitsbrein en gaan dan outomaties deur na die volgende episode, waar die titel teen twee nuwe deelnemers verdedig word.

Die ses deelnemers met die meeste punte op die telbord aan die einde van die tiende episode sal na die halfeindronde deurdring waarna die topdrie in die eindronde teen mekaar te staan kom.

Die algehele pryspot is R45 000. Dit word tussen die topdrie verdeel.

Het jy die vorige episodes van Blitsbrein Junior misgeloop?

  • Klik hier om episode 1 tot 8 op NW24TV te kyk.
  • Episode 9 is op 2 Maart om 18:00 op Via, DStv-kanaal 147, te sien.
  • Episode 9 sal ook van 2 Maart af op Netwerk24 onder NW24TV te sien wees.
  • Speel ook elke Dinsdag op Netwerk24 saam om te kyk hoeveel vrae van die episode jy reg kan beantwoord.
Meer oor:  Via  |  Pietie Beyers  |  Blitsbrein  |  Blitsbrein Junior
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.