Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
KYK: Blitsbrein Junior: Gaan DF Malan vir Affies ore aansit?

Dis ’n naelbytstryd tussen Affies en die Hoërskool DF Malan in vandeesweek se aflewering van Blitsbrein Junior.

Joshuan du Toit (15) van die Afrikaanse Hoër Seunskool verdedig die tweede keer sy titel as Blitsbrein Junior.

VIA se vasvraprogram Blitsbrein trek in 2020 ’n jonger baadjie aan. Dit is dié keer tyd vir die tieners om mekaar die stryd aan te sê.

’n Nuwe episode word elke Maandag om 18:00 op VIA uitgesaai met Pietie Beyers as die aanbieder. Die leerlinge wat aan dié seisoen deelneem, is almal hoërskoolleerlinge (tussen gr. 8 en gr. 11) wat in 2019 aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem het. Dié kompetisie is saam met Die Burger, Beeld en Volksblad aangebied.

Joshuan du Toit

Joshuan het Netwerk24 se Blitsbrein Junior-kompetisie gewen in die afdeling vir gr. 8- en gr. 9-leerlinge.

Vandeesweek kom Joshuan teen Benjamin Roelofse (16) van die Hoërskool DF Malan in Bellville en Volker Louw (17) van die Klein Nederburg Hoërskool in die Paarl te staan.

Benjamin Roelofse

“Ek dink my sterk punt is politiek, so ek sal daardie tipe vrae goed kan beantwoord,” het Benjamin voor die episode gesê. Joshuan sal veral vir Benjamin moet uitkyk. Hy het Netwerk24 se Blitsbrein Junior-kompetisie in die afdeling vir gr. 10- en gr. 11-leerlinge gewen.

Volker het weer op vrae oor sport gehoop.

“Ek volg sport en musiek. Ek hoop nie ek kry vrae oor aardrykskunde nie. Dis nie my gunsteling nie.”

Volker Louw

Só werk Blitsbrein Junior:

Die wenner van elke episode ontvang die titel van Blitsbrein Junior en gaan dan outomaties deur na die volgende episode, waar die titel teen twee nuwe deelnemers verdedig word.

Die ses deelnemers met die meeste punte op die telbord aan die einde van die tiende episode sal tot die halfeindronde deurdring waarna die topdrie in die eindronde teen mekaar te staan gaan kom.

Die algehele pryspot is R45 000. Dit word tussen die topdrie verdeel.

Het jy die vorige episodes van Blitsbrein Junior misgeloop?

  • Klik hier om episode 1 tot 5 op NW24TV te kyk.
  • Episode 6 is op 10 Februarie om 18:00 op VIA, DStv-kanaal 147, te sien.
  • Episode 6 sal ook van 11 Februarie op Netwerk24 onder NW24TV te sien wees.
  • Speel ook elke Dinsdag op Netwerk24 saam om te kyk hoeveel vrae van die episode jy kan reg beantwoord.
Meer oor:  Via  |  Pietie Beyers  |  Blitsbrein  |  Blitsbrein Junior
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.