Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
KYK: ‘Blitsbrein Junior’: Wie gaan die halfeindrondes haal?

Die reeks staan bykans einde se kant toe en in vandeesweek se episode van Blitsbrein Junior sal kykers uitvind watter ses leerlinge genoeg punte bymekaargemaak het om na die twee halfeindrondes in dié algemene-kennis-kompetisie deur te dring.

Maar eers kom Almé Hugo van die Hoërskool Zwartkop in Centurion teen Luca Kitshoff van die Hoërskool DF Malan in Bellville en Markus Nel van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria te staan.

Gaan een van dié leerlinge haar uiteindelik kan onttroon?

Almé Hugo

’n Nuwe episode van Blitsbrein Junior word elke Maandag om 18:00 op VIA (met Pietie Beyers as die aanbieder) uitgesaai. Die leerlinge wat aan dié seisoen deelneem, is almal hoërskoolleerlinge (tussen gr. 8 en gr. 11) wat in 2019 aan Netwerk24 se gelyknamige algemene-kennis-kompetisie deelgeneem het. Dié kompetisie is saam met Die Burger, Beeld en Volksblad aangebied.

Almé sal vandeesweek vinnig haar knoppie moet druk om vir Markus en Luca ore aan te sit. Hulle kom met ’n arsenaal van onderwerpe waarin hulle uitblink.

Markus sien veral uit na die vrae oor sport en aardrykskunde, terwyl Luca gereed staan om al die vrae oor geskiedenis te beantwoord.

Markus Nel
Luca Kitshoff

Só werk Blitsbrein Junior

Die wenner van elke episode ontvang die titel van Junior Blitsbrein en gaan dan outomaties deur na die volgende episode, waar die titel teen twee nuwe deelnemers verdedig word.

Die ses deelnemers met die meeste punte op die telbord aan die einde van die tiende episode sal na die halfeindronde deurdring. Die halfeindronde vind oor twee episodes plaas en die drie leerlinge met die meeste punte aan die einde van dié twee episodes dring na die eindronde deur.

Die algehele pryspot is R45 000. Dit word tussen die topdrie verdeel.

Het jy die vorige episodes van Blitsbrein Junior misgeloop?

Klik hier om episode 1 tot 9 op NW24TV te kyk.

Episode 10 is op 9 Maart om 18:00 op VIA, DStv-kanaal 147, te sien.

Episode 10 sal ook van 10 Maart af op Netwerk24 onder NW24TV te sien wees.

Speel ook elke Dinsdag op Netwerk24 saam om te kyk hoeveel vrae van die episode jy reg kan beantwoord.

Meer oor:  Via  |  Pietie Beyers  |  Blitsbrein  |  Blitsbrein Junior
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.