Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
KYK: Gaan Almé haar Blitsbrein Junior-titel kan verdedig?

Gaan Almé Hugo (17) van die Hoërskool Zwartkop in Centurion Maandagaand haar titel as die Junior Blitsbrein kan verdedig?

Almé het Joshuan du Toit van die Afrikaanse Hoër Seunskool verlede week onttroon om vandeesweek die episode as die Junior Blitsbrein in te gaan.

Almé Hugo

Sy kom vandeesweek teen Taurieq Ross (17) van die Glendale Secondary School in Mitchells Plain en Tuané Heyns (15) van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein te staan.

’n Nuwe episode van Blitsbrein Junior word elke Maandag om 18:00 op VIA uitgesaai met Pietie Beyers as die aanbieder. Die leerlinge wat aan dié seisoen deelneem, is almal hoërskoolleerlinge (tussen gr. 8 en gr. 11) wat in 2019 aan Netwerk24 se gelyknamige algemene-kennis-kompetisie deelgeneem het. Dié kompetisie is saam met Die Burger, Beeld en Volksblad aangebied.

Taurieq Ross

“As ek wen, sal ek van die geld vir my ouers gee, want hulle is altyd daar vir my,” het Taurieq voor die episode gesê. “Maar ek sal ook baie graag vir my ’n kitaar wil koop.”

Tuané het haar mededeelnemers sterkte toegewens.

“Mag die beste een wen!” het sy bygevoeg.

Tuané Heyns

Só werk Blitsbrein Junior

Die wenner van elke episode ontvang die titel van Junior Blitsbrein en gaan dan outomaties deur na die volgende episode, waar die titel teen twee nuwe deelnemers verdedig word.

Die ses deelnemers met die meeste punte op die telbord aan die einde van die tiende episode sal tot die halfeindronde deurdring waarna die topdrie in die eindronde teen mekaar te staan kom.

Die algehele pryspot is R45 000. Dit word tussen die topdrie verdeel.

Het jy die vorige episodes van Blitsbrein Junior misgeloop?

  • Klik hier om episode 1 tot 7op NW24TV te kyk.
  • Episode agt is op 24 Februarie om 18:00 op VIA, DStv-kanaal 147, te sien.
  • Episode agt sal ook van 25 Februarie af op Netwerk24 onder NW24TV te sien wees.
  • Speel ook elke Dinsdag op Netwerk24 saam om te kyk hoeveel vrae van die episode jy reg kan beantwoord.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.