Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
KYK: Hier is Blitsbrein Junior se eerste semifinaliste

Om vinnig op jou voete te kan dink kan op vele maniere gestalte kry – om jou opponent in ’n debat met ’n argument te oorrompel of om die bal op die hokkieveld tussen die verdedigers deur vir ’n wendoel te dribbel.

Eerskomende Maandagaand sal dié vermoë drie leerlinge in die eerste uitdunne van Blitsbrein Junior goed te staan kom hulle met vrae gepeper word.

Die drie finaliste is Markus Nel (14) van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria (Affies), Benjamin Roelofse (16) van die Hoërskool DF Malan in Bellville en Luc van der Veen (16) van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch.

Blitsbrein, VIA se gewilde vasvraprogram, het in 2020 ’n jonger baadjie aangetrek en dié keer is dit tieners wat mekaar die stryd aansê.

Benjamin Roelofse

“Die lekkerste deel daarvan is om uit te vind dat jy dinge weet wat jy nie eens geweet het jy weet nie,” sê Benjamin.

“Hierdie program is anders as enigiets waaraan ek al deelgeneem het. Om nie deel te wees van ’n span nie, plaas nogal druk op ’n mens, maar dis lekker!”

Luc stem saam. “Jy is jou eie grootste kompetisie in hierdie televisiereeks. Maar dis belangrik om te onthou dat dit net ’n kompetisie is. Ek is nog altyd van goeie sportmangees geleer. Dit bly ’n spel en om respek vir mekaar te hê is belangriker as om te wen.”

Die eerste uitdunne word Maandag om 18:00 op Via met Pietie Beyers as die aanbieder uitgesaai.

Luc van der Veen
Markus Nel

Markus, Benjamin en Luc is die eerste drie semifinaliste.

Die tweede uitdunne word op 23 Maart uitgesaai en die drie leerlinge met die hoogste punte ná afloop van albei sal na die eindstryd deurdring.

Die leerlinge wat aan dié seisoen deelneem, is almal hoërskoolleerlinge (tussen gr. 8 en gr. 11) wat in 2019 aan Netwerk24 se gelyknamige algemene-kennis-kompetisie deelgeneem het. Dié kompetisie is saam met Die Burger, Beeld en Volksblad aangebied.

Skryf in vir ‘Blitsbrein Junior 2020’

  • Inskrywings vir die algemene-kennis-kompetisie Blitsbrein Junior 2020 is nou oop.
  • Leerlinge in gr.8 tot 11 kan aan dié algemene kennis-kompetisie deelneem. Kontantpryse is op die spel.
  • Die kompetisie bestaan uit twee rondes: die uitdunronde (10 Julie) en die eindronde (15 Augustus).
  • Wenners moet beskikbaar wees vir prysuitdelings in hul streek: Kaapstad (15 September), Johannesburg (16 September), Bloemfontein (17 September).
  • Besoek www.cumlaudemedia.com om in te skryf. Die sluitingsdatum vir inskrywings is op 7 Julie 2020.
  • Hierdie kompetisie is slegs 'n algemene kennis-kompetisie en sluit nie die opname van die televisieprogram in nie.
Meer oor:  Via  |  Pietie Beyers  |  Blitsbrein  |  Blitsbrein Junior
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.