Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
KYK: Kompetisie word straf op Blitsbrein Junior

Almé Hugo (17) van die Hoërskool Zwartkop in Centurion is vasbeslote om Affies vandeesweek as Blitsbrein Junior te onttroon.

“Op ’n skaal van een tot tien, is ek 11 as dit kom by kompeterend wees. Ek weet ek het ’n probleem,” het Almé voor die episode gesê.

“Ek weet nie alles in die lewe is ’n kompetisie nie, maar as dit was, sou ek dit wou wen.”

Almé Hugo

VIA se vasvraprogram Blitsbrein trek in 2020 ’n jonger baadjie aan. Dit is dié keer tyd vir die tieners om mekaar die stryd aan te sê.

Die huidige Blitsbrein Junior, Joshuan du Toit (15) van die Afrikaanse Hoër Seunskool, het Almé egter gewaarsku om nie te vinnig te praat nie.

“Sy moet eers aan die einde van die episode praat, want enigiets kan gebeur en ek gaan dit vir seker nie vir haar maklik maak nie.”

Joshuan du Toit

’n Nuwe episode van Blitsbrein Junior word elke Maandag om 18:00 op VIA uitgesaai met Pietie Beyers as die aanbieder. Die leerlinge wat aan dié seisoen deelneem, is almal hoërskoolleerlinge (tussen gr. 8 en gr. 11) wat in 2019 aan Netwerk24 se algemene kennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem het. Dié kompetisie is saam met Die Burger, Beeld en Volksblad aangebied.

Joshuan neem vandeesweek die derde week agtereenvolgens aan Blitsbrein Junior deel.

Hy kom teen Almé en Duan Ruthenberg (15), van die Hoërskool Jeugland in Kempton Park, te staan.

Duan Ruthenberg

Die vredemaker, Duan, het voor die episode aan sy twee teenstanders gesê: “Gaan uit, gaan geniet dit. Moenie te veel fokus op die kompetisie nie. Dis ’n lekker ervaring, kom ons geniet dit net saam.”

Al drie dié deelnemers het ook verlede jaar uitgeblink in Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie.

Joshuan het die eerste plek in die kategorie vir gr. 8- en gr. 9-leerlinge behaal. Duan was negende landwyd in dieselfde afdeling.

In die kategorie vir gr. 10- en gr. 11-leerlinge het Almé nasionaal die tweede plek behaal.

Só werk Blitsbrein Junior

Die wenner van elke episode ontvang die titel van Blitsbrein Junior en gaan dan outomaties deur na die volgende episode, waar die titel teen twee nuwe deelnemers verdedig word.

Die ses deelnemers met die meeste punte op die telbord aan die einde van die tiende episode sal tot die halfeindronde deurdring waarna die topdrie in die eindronde teen mekaar te staan gaan kom.

Die algehele pryspot is R45 000. Dit word tussen die topdrie verdeel.

Het jy die vorige episodes van Blitsbrein Junior misgeloop?

  • Klik hier om episode 1 tot 6 op NW24TV te kyk.
  • Episode 7 is op 17 Februarie om 18:00 op VIA, DStv-kanaal 147, te sien.
  • Episode 7 sal ook van 18 Februarie op Netwerk24 onder NW24TV te sien wees.
  • Speel ook elke Dinsdag op Netwerk24 saam om te kyk hoeveel vrae van die episode jy kan reg beantwoord.
Meer oor:  Via  |  Pietie Beyers  |  Blitsbrein  |  Blitsbrein Junior
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.