Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
KYK: Naelbytstryd wag in Blitsbrein Junior semi-finaal

Soms lê die verskil tussen wen en verloor in etlike sekondes en ’n blitsige raaiskoot. Drie jongmense sal mekaar weer op die aand van Maandag 23 Maart op hul tone hou en spoed en flinkheid sal die deurslag gee.

Twee Pretorianers, Joshuan du Toit (15) van die Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) en Almé Hugo van die Hoërskool Zwartkop, en Henco Kruger (14) van die Hoërskool Piketberg sal in die tweede halfeindstryd van Blitsbrein Junior teen mekaar te staan kom.

VIA se gewilde vasvraprogram, Blitsbrein, het in 2020 ’n jonger baadjie aangetrek en dié keer is dit tieners wat mekaar die stryd aansê.

Henco Kruger

“Die lekkerste deel van Blitsbrein Junior is om daar te wees, al stres jy nogal want daar is groot geld op die spel,” sê Henco. Om voor te berei het hy probeer om al die kaartjies van die Blitsbrein-bordspeletjie te leer, maar sy sterkpunte bly wetenskap en wiskunde.

“Die slimstes van die slimstes,” noem Almé haar teenstanders, en sy is vas oortuig daarvan dat haar teenstanders nie swakpunte het nie – maak nie saak hoe moeilik die vrae is nie. Sy staan egter nie terug nie: “Dis steeds net lekker om op Blitsbrein te wees”.

Joshuan stem saam: “Min mense kry hierdie tipe blootstelling, en jy probeer net elke oomblik koester en geniet.”

Almé Hugo

Daar is geen goue reël oor hoe om Blitsbrein te benader nie, meen Joshuan, “maar dis belangrik om ’n balans te handhaaf tussen nice wees met jou teenstaanders en terselfdertyd mededingend en skerp te wees”.

Die tweede halfeindstryd word Maandag om 18:00 op Via uitgesaai. Pietie Beyers is die aanbieder.

Joshuan, Henco en Almé is die tweede groep in die halfeindstryd. Die drie leerlinge met die hoogste punte ná beide halfeindstryde sal na die eindstryd deurdring.

Joshuan du Toit

Die leerlinge wat aan dié seisoen deelneem, is almal hoërskoolleerlinge (tussen gr. 8 en gr. 11) wat in 2019 aan Netwerk24 se gelyknamige algemene-kennis-kompetisie deelgeneem het. Dié kompetisie is saam met Die Burger, Beeld en Volksblad aangebied.

Skryf in vir ‘Blitsbrein Junior 2020’

  • Inskrywings vir die algemene-kennis-kompetisie Blitsbrein Junior 2020 is nou oop.
  • Leerlinge in gr.8 tot 11 kan aan dié algemene kennis-kompetisie deelneem. Kontantpryse is op die spel.
  • Die kompetisie bestaan uit twee rondes: die uitdunronde (10 Julie) en die eindronde (15 Augustus).
  • Wenners moet beskikbaar wees vir prysuitdelings in hul streek: Kaapstad (15 September), Johannesburg (16 September), Bloemfontein (17 September).
  • Besoek www.cumlaudemedia.com om in te skryf. Die sluitingsdatum vir inskrywings is op 7 Julie 2020.
  • Hierdie kompetisie is slegs 'n algemene kennis-kompetisie en sluit nie die opname van die televisieprogram in nie.

Meer oor:  Via  |  Pietie Beyers  |  Blitsbrein  |  Blitsbrein Junior
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.