Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
KYK: Spanning gaan hoog loop in eerste episode van Blitsbrein Junior

Die spanning gaan Maandagaand hoog loop op Blitsbrein Junior, VIA (DStv-kanaal 147) se nuwe vasvraprogram vir tieners.

“Ek is baie senuweeagtig,” sê Shady-Lee Nike (17) van die Glendale Secondary School in Mitchells Plain voor die opname van die eerste episode. “Maar ek weet ek kan dit doen en ek sal beslis baie hard probeer.”

Shady-Lee is een van 21 hoërskoolleerlinge wat vir die volgende 13 weke aan Blitsbrein Junior gaan deelneem.

VIA se gewilde vasvraprogram Blitsbrein trek in 2020 ’n jonger baadjie aan en dis dié keer tyd vir die tieners om mekaar die stryd aan te sê.

Luc van der Veen (16) van die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch. Foto: Skermgreep

’n Nuwe episode word elke Maandagaand om 18:00 op VIA uitgesaai en Pietie Beyers is die aanbieder.

Die leerlinge wat aan dié seisoen deelneem, is almal hoërskoolleerlinge (tussen gr. 8 en g. 11) wat in 2019 aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie Blitsbrein Junior deelgeneem het. Dié kompetisie is saam met Die Burger, Beeld en Volksblad aangebied.

In die eerste episode van Blitsbrein Junior kom Luc van der Veen (16) van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, Jan-Hendrik du Toit (15) van die Hoër Jongenskool Paarl en Shady-Lee teen mekaar te staan.

“Ek het ingeskryf vir Blitsbrein, want ek wou myself ’n bietjie uitdaag,” het Luc voor die opname gesê.

Shady-Lee Nike (17) van die Glendale Secondary School in Mitchells Plain. Foto: Skermgreep

“Ek wou kyk hoe goed my algemene kennis is en dit is altyd vir my lekker om myself uit te daag, want ek dink dis ’n goeie manier om jouself te verbeter.”

Die wenner van Blitsbrein Junior sal nie net met die titel gekroon word nie, maar die algehele pryspot is R45 000. Dit word deur die top 3 wenners verdeel.

Sou hy die geld wen, is Jan-Hendrik nie van plan om dié stewige prysgeld op homself te bestee nie.

“As ek Blitsbrein Junior sou wen, sal ek die geld aan liefdadigheid skenk. Iets soos die Cape Town Refugee Centre.”

Jan-Hendrik du Toit van die Hoër Jongenskool Paarl.Foto: Skermgreep

Die wenner van die eerste episode ontvang die titel van Blitsbrein Junior en gaan outomaties deur na die tweede episode, waar die titel teen twee nuwe deelnemers verdedig word.

Die ses deelnemers met die meeste punte op die telbord aan die einde van die tiende episode sal na die halfeindronde deurdring waarna die topdrie in die eindronde teen mekaar te staan gaan kom.

  • Episode 1 is op Maandag 6 Januarie om 18:00 op VIA, DStv-kanaal 147, te sien.
  • Episode 1 sal ook van Dinsdag 7 Januarie op Netwerk24 onder NW24TV te sien wees.
  • Speel ook elke Dinsdag op Netwerk24 saam om te kyk hoeveel vrae van die episode jy kan reg antwoord.
Meer oor:  Pietie Beyers  |  Blitsbrein  |  Blitsbrein Junior
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.