Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
MySkool
KYK: Wie gaan as ‘Blitsbrein Junior’ gekroon word?

Wat het Greta Thunberg, geelhoutbome en die Blou Bulle in gemeen? As jy vinnig op jou voete alles oor dié drie onderwerpe kan antwoord, is jy reeds effens op pad na ’n stukkie van die R45 000 wat op die spel is in Blitsbrein Junior se finale episode.

Maandagaand 30 Maart sê drie waardige finaliste mekaar die stryd aan in die finale episode van dié seisoen van Blitsbrein Junior op Via.

Joshuan du Toit (15) van die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies), Almé Hugo (17) van die Hoërskool Zwartkop in Pretoria en Luc van der Veen (16) van Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch kom teen mekaar te staan in ’n naelbyt-eindstryd.

Almé Hugo

Almé spot: “Albei my teenstanders is van seunskole, so ek het definitief meer motivering om vir hulle te gaan.”

Almé sê dit was vir haar wonderlik dat al die teenstanders deur die reeks so vriendelik en goedgesind teenoor mekaar was.

VIA se gewilde vasvraprogram Blitsbrein het in 2020 ’n jonger baadjie aangetrek en dié keer was dit tieners wat mekaar die stryd aangesê het.

Soos die finaliste reeds in die uitdunne besef het, toets hierdie reeks nie net jou algemene kennis nie, maar selfs jou uithouvermoë en hoe goed ’n mens soms kan raai.

Luc sê die ervaring het hom meer van homself geleer, en dat ’n mens baie meer kan bereik as wat jy dink “as jy net push, as jy net daardie laaste bietjie gee, die laaste 10%,” sê dié Stellenbosse wenner van die eerste halfeindronde.

Luc van der Veen
Joshuan du Toit

Joshuan sê die reeks was ’n goeie ervaring en het sy algemene kennis baie getoets. “Ek is net baie dankbaar dat ek hier kon wees.”

Hy sê hy sal hierdie ervaring vir enigiemand aanbeveel. Die belangrikste ding om te onthou, is om rustig te wees.

Die wenner kry R30 000, maar tweede en derde plek stap nie leë hande weg nie. Hulle kry onderskeidelik R10 000 en R5 000.

Die leerlinge wat aan dié seisoen deelneem, is almal hoërskoolleerlinge (tussen gr. 8 en gr. 11) wat in 2019 aan Netwerk24 se gelyknamige algemene-kennis-kompetisie deelgeneem het. Dié kompetisie is saam met Die Burger, Beeld en Volksblad aangebied.

Skryf in vir Blitsbrein Junior 2020

  • Inskrywings vir Blitsbrein Junior 2020 is nou oop.
  • Leerlinge in gr. 8 tot gr. 11 kan aan dié algemene-kennis-kompetisie deelneem. Kontantpryse is op die spel.
  • Die kompetisie bestaan uit twee rondes: die uitdunronde (10 Julie) en die finale ronde (15 Augustus).
  • Besoek www.cumlaudemedia.co.za om in te skryf. Sluitingsdatum vir inskrywings is 7 Julie 2020.
Meer oor:  Via  |  Pietie Beyers  |  Blitsbrein  |  Blitsbrein Junior
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.